Bloukurper
Die Bloukurper (Oreochromis mossambicus) is 'n varswatervis wat voorkom in suidoostelike Afrika. Dit staan ook bekend as die Grootbekkurper, die Mosambiekkurper, die Rooivinkurper en in Engels as die Mozambique tilapia.
Bloukurper | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | O. mossambicus
|
Binomiale naam | |
Oreochromis mossambicus |
Voorkoms
wysigDie bloukurper is donker olyfgroen van kleur met rooi rante aan die stert en dorsale vin. Die onvolwasse visse het ses vertikale strepe oor die lyf. Bloukurpers word 40 cm lank en 3,2 kg swaar. Die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 3,265 kg, die Zimbabwe rekord is 2,181 kg en die Malawi rekord is 0,64 kg.
Habitat
wysigBloukurpers leef in staande of stadigvloeiende riviere. Hulle kan 'n groot verskil in temperatuur oorleef. In die kouer dele van Suid-Afrika gaan bloukurpers in ‘n soort winterslaap, en selfs ook in die warmer streke soos die Hartbeespoortdam, maar navorsing het getoon dat bloukurpers in water van ongeveer 10 °C (50 °F) begin doodgaan, veral as die water vinnig afkoel. Hulle begin eers goed byt (veral aan kunsaas) as die watertemperatuur gereeld hoër as 21 °C (70 °F) is. Bloukurpers is nie sensitief vir soutgehalte nie. Hulle word daarom ook in riviermondings en selfs die see gevind. Bloukurpers vreet krappe, insekte, fyn alge en erdwurms.
Voortplanting
wysigDie mannetjie se nes is 'n sirkelvormige sandbekken op 'n rivierbedding.[1] Dié verdedig hy aggressief teen ander mannetjies. Wanneer 'n wyfie dit nader sal hy pronk deur ondermeer donker te verkleur, en haar na die sandbekken te begelei. Ná die mannetjie en wyfie daar kuit skiet, sal die wyfie die bevrugte eiers uit die nes versamel, en dit in haar mond dra totdat hulle uitbroei.[1]
Bloukurpers in Suid-Afrika
wysigÓf 'n mens die eenvoudigste manier van hengel – ‘n bos erdwurms onder ‘n rooi-en-wit dobber – óf meer gevorderde kunsaastegnieke toepas, bly kurperhengel ‘n genot.
Alhoewel bloukurpers al vanaf September gevang word is Februarie tot April in die warmer, noordelike en oostelike dele van die land primakurpertyd. Bloukurpers van een kilogram en swaarder is veral die teiken in talle riviere en damme in Mpumalanga, Noordwes, Limpopo en KwaZulu-Natal.
Omrede die bloukurper so ‘n uithaler-sportvis op ligtegerei is, en ook omdat hy ‘n voortreflike tafelvis is, is hy lankal onwettig verplaas na ander dele van die land waar die winters nie te koud is nie. So byvoorbeeld is daar ‘n lewenskragtige bevolking bloukurpers in Zeekoeivlei op die Kaapse Skiereiland, asook in verskeie plaasdamme in die wynland.
Omdat die bloukurper in soutwater aanpasbaar is, word hy ook deur verbaasde hengelaars in verskeie getyriviere en -mondings soos byvoorbeeld die St. Luciameer teëgekom waar hengelaars eintlik vir knorders hengel.[2]
Fotogalery
wysig-
'n Territoriale mannetjie bewaak sy nes in Australië -
'n Mannetjie bewaak sy nes (liggekleurde sand) in die Mlambanerivier, Krugerwildtuin -
'n Mannetjie wat donker verkleur terwyl hy voor 'n naderende wyfie pronk -
In die Waikiki-akwarium
Sien ook
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Oreochromis mossambicus. |
Eksterne skakel
wysigBronne
wysig- http://www.fishbase.org
- First Field Guide to Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst. 1999. ISBN 978-1-86872-288-4
- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1
- Visgedrag en Kunsaashengel. Prof dr B.J. Engelbrecht. 1980. ISBN 0 620 04585 X
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Aquatic Network, Tilapia Breeding, 2022
- ↑ Tips 'n Tricks vir Kurper, besoek op 29 Mei 2013