Pempheridae
Die Veërs (Pempheridae) is 'n vis-familie van die orde Perciformes. Daar is twee genera met minstens sewe en twintig spesies in die familie. Vier van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanus voor.
Veërs | |
---|---|
Pempheris schomburgkii | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Pempheridae
|
Genera | |
Parapriacanthus |
Kenmerke
wysigDie familie word 8 – 17 cm groot. Die uitstaande kenmerke van die familie is die groot oë en die kort dorsale vin. Die familie het geen kommersiële waarde nie behalwe as akwarium vis. Gedurende die dag skuil die vis in grotte en onder rots hange maar gedurende die nag swem hulle bo die rif om te eet. Hulle eet soöplankton. Die familie se klassifikasie word tans ondersoek.
Genera
wysigDie volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Parapriacanthus
- Parapriacanthus ransonneti - Slankveër
- Pempheris
- Pempheris schwenkii - Swartstreep-veër
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7