Swartstreep-veër
(Aangestuur vanaf Pempheris schwenkii)
Die Swartstreep-veër (Pempheris schwenkii) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooisee tot by die Oos-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die Blackstripe sweeper.
Swartstreep-veër | |
---|---|
'n Naverwante soort, waarby die swart vinmerke ontbreek | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | O. schwenkii
|
Binomiale naam | |
Pempheris schwenkii Richardson, 1840
|
Voorkoms
wysigDie vis se kop en lyf is koper bruin met silwerige, brons skynsels in. Daar is 'n swart streep langs die basis van die anale vin. Die vis word tot 17 cm lank.
Habitat
wysigDie vis verkies rots- en koraalriwwe om in te leef tussen dieptes van 5 – 32 m.
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7