Wildedadelboom

(Aangestuur vanaf Phoenix reclinata)

Die wildedadelboom (Phoenix reclinata) is 'n boom wat voorkom langs die kus en aan rivieroewers in oop, laagliggende grasvelde vanaf Gqeberha, deur KwaZulu-Natal tot in Mpumalanga en Limpopo. Die vrugte van 1.5 cm is helder-oranje. Hulle is dun, vlesig en eetbaar en soet wanneer hulle ryp is maar is nie so smaaklik as die van die kommersiële dadelpalm (Phoenix dactylifera) nie.

Wildedadelboom
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eensaadlobbiges
Klade: Commelinids
Orde: Arecales
Familie: Arecaceae
Genus: Phoenix
Spesie:
P. reclinata
Binomiale naam
Phoenix reclinata
Jacq., 1858
Sinonieme
  • Fulchironia senegalensis Lesch.
  • Phoenix abyssinica Drude
  • Phoenix baoulensis A.Chev.
  • Phoenix comorensis Becc.
  • Phoenix djalonensis A.Chev.
  • Phoenix dybowskii A.Chev.
  • Phoenix equinoxialis Bojer
  • Phoenix leonensis Lodd.
  • Phoenix reclinata var. comorensis (Becc.) Jum. & H.Perrier
  • Phoenix reclinata var. madagascariensis Becc.
  • Phoenix reclinata var. somalensis Becc.
  • Phoenix spinosa Schumach. & Thonn.

Die boom se FSA-nommer is 22[1][2]

Verspreiding

wysig

In Afrika kom die boom voor in: Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Comore-eilande, Demokratiese Republiek die Kongo, Djiboeti, Eswatini, Eritrea, Ethiopië, Gaboen, Gambië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Jemen, Kameroen, Kenia, Liberië, Madagaskar, Malawi, Mosambiek, Namibië, Nigerië, Republiek die Kongo, Rwanda, Saoedi-Arabië, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Somalië, Soedan, Tanzanië, Togo, Uganda, Zambië en Zimbabwe.

Galery

wysig

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
  2. Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. ISBN 978-1-77007-759-1.

Bronnelys

wysig

Eksterne skakels

wysig