Die Sagkopbaber (Clarias liocephalus) is 'n varswatervis wat in die Kunenerivier, Okavangorivier, die boonste gedeelte van die Zambezirivier en Kafuerivier voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Smoothhead catfish.

Sagkopbaber
Clarias liocephalus.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
(Bonaparte, 1846)[1]
Genus:
(Scopoli, 1777)[2]
Spesie:
C. liocephalus
Binomiale naam
Clarias liocephalus

VoorkomsWysig

Die vis het 'n kort, breë kop met vier paar baarde. Die vis is of gewoon bruin of gespikkeld donkerbruin aan die sye en bokant terwyl die onderkant ligbruin is. Die dorsale-, anale- en stertvin het 'n swart strepie by die basis en op die rante van die vinne. Die vis word 282 mm groot.

HabitatWysig

Min is bekend omtrent die vis se gewoontes behalwe dat hulle voorkom in rotsagtige gebiede in vloeiende water.

Sien ookWysig

BronWysig

VerwysingsWysig

  1. uBio (en)
  2. Scopoli J. A. 1777. Introductio ad historiam naturalem, sistens genera lapidum, plantarum et animalium hactenus detecta, caracteribus essentialibus donata, in tribus divisa, subinde ad leges naturae. Prague. Introd. Hist. Nat. . i-x + 1-506.
  3. BioLib (en)

Eksterne skakelWysig