Sandy Park
Sandy Park is ’n rugbystadion en konferensiesentrum in Exeter, Engeland, met sitplek vir 12 500 mense. Dit is die tuisveld van Exeter Chiefs wat sedert die 2010/11-seisoen in die Aviva Premierskap deelneem.[2] Die klub het in 2006 na Sandy Park geskuif van hul vorige tuisveld, County Ground.
Sandy Park | ||
Buiteaansig van Sandy Park
| ||
Ligging | Exeter, Devon, Engeland | |
---|---|---|
Koördinate | 50°42′33.51″N 3°28′3.26″W / 50.7093083°N 3.4675722°W | |
Eienaar | Exeter Chiefs | |
Operateur | Exeter Chiefs | |
Kapasiteit | 12 500 | |
Oppervlak | Desso GrassMaster | |
Konstruksie | ||
Geopen | 1 September 2006 | |
Renovasie | 2012 | |
Boukoste | ₤15 miljoen[1] | |
Huurders | ||
Exeter Chiefs (2006–hede) |
Sandy Park is een van 13 stadions waar wedstryde tydens die Rugbywêreldbeker 2015 gespeel is. Drie wedstryde van spanne in Poele C en D is op Sandy Park gespeel: Tonga teen Namibië, Namibië teen Georgië en Italië teen Roemenië.[3]
’n Wedstryd tussen die Engeland Saxons en die Ierland Wolfhounds is op 28 Januarie 2012 op Sandy Park gespeel waarin die Saxons met 23–17 gewen het.[4]
Fotogalery
wysig-
Sandy Park se hoofpawiljoen
-
Sandy Park se speelveld
Wedstryde
wysigRugbywêreldbeker 2015
wysig- Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 2015.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
29 September 2015 | 16:45 | Tonga | 35–21 | Namibië | Groep C | 10 103 |
7 Oktober 2015 | 20:00 | Namibië | 16–17 | Georgië | Groep C | 11 156 |
11 Oktober 2015 | 14:30 | Italië | 32–22 | Roemenië | Groep D | 11 450 |
Verwysings
wysig- ↑ "Geskiedenis - Die tuiste van rugby in Exeter en Devon" (in Engels). Exeterchiefs.co.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2012. Besoek op 13 Oktober 2011.
- ↑ (en) [1] Geargiveer 8 Desember 2008 op Wayback Machine
- ↑ "Amptelike Webwerf RWB 2015" (in Engels). Internasionale Rugbyraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2014. Besoek op 11 Mei 2013.
- ↑ "England Saxons 23-17 Irish Wolfhounds" (in Engels). BBC Sport. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2015. Besoek op 28 Januarie 2012.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Sandy Park. |
- (en) Amptelike webwerf