Silwerflits stekelwang
(Aangestuur vanaf Scolopsis vosmeri)
Die Silwerflits stekelwang (Scolopsis vosmeri) is 'n vis wat voorkom in die Indiese - Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Durban. Die vis kom ook voor in die wes Indiese Oseaan eilande. In Engels staan die vis bekend as Silverflash spinecheek.
Silwerflits stekelwang | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. vosmeri
|
Binomiale naam | |
Scolopsis vosmeri (Bloch, 1792)
|
Voorkoms
wysigDie kleur wissel tussen rooibruin tot geel met 'n donker kol by die basis van elke skub. Die kop is donker met 'n wit vlek op die agterkant van die kop. Die onderkant van die operkulum is rooi en die boonste rand swart. Die vis word 20 cm lank.
Habitat
wysigDie vis verkies modderige of sand seebodems in water wat tot 60 m diep raak en aard ook goed in 'n akwarium.
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7