Sekelstert grootoog
Die Sekelstert grootoog (Priacanthus hamrur) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika van Oman tot by Knysna. In Engels staan die vis bekend as die Crescent-tail bigeye.
Sekelstert grootoog | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. hamrur
|
Binomiale naam | |
Priacanthus hamrur (Forsskål, 1775)
|
Voorkoms
wysigDie vis kan sy kleur van silwer na rooierig binne sekondes verander en word tot 45 cm lank.
Habitat
wysigDie vis verkies om te leef in koraalriwwe en rots bodems in water wat van 5 – 250 m diep is. Die visse is gewoonlik onaktief deur die dag. Goeie eetvis.
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7