Priacanthidae
Die Grootoē (Priacanthidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is vier genera met agtien spesies wat hoort tot dié familie en vier van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Priacanthidae | |
---|---|
Priacanthus arenatus | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Priacanthidae
|
Genera | |
Priacanthus |
Kenmerke
wysigDie familie se lywe is reghoekig met een dorsale vin en die pektorale vin is kleiner as die bekken vinne en korter as die kop. Die hele lyf en kop is bedek met klein skubbe. Die familie se grootte wissel van 30 – 60 cm. Hulle is oor die algemeen bodem bewoners wat in water van 1 – 400 m diep voorkom. Die familie is naglewend en eet hoofsaaklik soöplankton. Die oë is bedek met 'n tapetum lucidum - 'n weerkaatsende laag agter in die retina - wat vir die vis die opmerklike oë glans gee.
Genera
wysigDie volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Heteropriacanthus
- Heteropriacanthus cruentatus - Glas grootoog
- Priacanthus
- Priacanthus hamrur - Sekelstert grootoog
-
Sekelstert grootoog (Priacanthus hamrur) in die Maldives.
-
Priancanthus blochii van die Rooisee.
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7