Siganidae
Die Konynvisse (Siganidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Perciformes behoort. Daar is twee genera met dertig spesies in hierdie familie. Vier van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Siganidae | |
---|---|
'n S. vulpinus ontmoet 'n Langneus-vlindervis (bo) in hulle koraalrif habitat. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Siganidae
|
Genus: | Siganus Forsskål, 1775
|
Spesies | |
Omtrent 28, sien teks. |
Kenmerke
wysigDie familie is van gemiddelde grootte, die grootte wissel van 30 – 50 cm. Die familie leef klein skole saam en kom selde in water wat dieper is as 15 m voor. Alle strale van die familie se vinne is giftig, wonde is pynlik maar nie fataal nie. Om die pyn te verlig moet die wond in water (55 °C) gedompel word.
Die familie is herbivore en eet net alge. Hulle groei vinnig. Hul kleur patroon verskil gedurende die dag en nag. As hulle gedreig word, vertoon hulle almal 'n tipiese patroon van onreëlmatige bruin vlekke.
Genus
wysigDie volgende genus en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Siganus
- Siganus argenteus
- Siganus laqueus
- Siganus luridus - Donkerkonynvis
- Siganus sutor - Witspikkel-konynvis
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7