Swartkol-snapper

Die Swartkol-snapper (Lutjanus ehrenbergii) is 'n vis wat voorkom in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan; die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Blackspot snapper; in sommige plekke as die Ehrenberg's seaperch.

Swartkol-snapper
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Familie:
Genus:
Spesie:
L. ehrenbergii
Binomiale naam
Lutjanus ehrenbergii
(Peters, 1869)

Identifikasie

wysig

Die vis word tot 35 cm lank. Dit is grys tot silwer met vyf nou, geel strepe onder die sylyn. Die stert- en analevinne is gelerig. Daar is 'n groot ovaalvormige swart kol op die sylyn onder die middel dorsalevin. Die kol kan verdwyn met ouderdom.

Die vis leef in strandmere en aflandige riwwe in water wat 5 tot 60 m diep is. Hulle verkies hellings van die riwwe waar hulle skuil onder oorhange en in grotte. Die vis is 'n alleenloper maar kom ook in klein groepies voor, soms saam met ander snapperspesies. Hulle vreet klein vissies wat hulle hoofsaaklik snags vang.

Die vis lyk baie soos die dorie-snapper (Lutjanus fulviflamma).

Sien ook

wysig
  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings

wysig
  1. Bloch M. E., 1790. Naturgeschichte der ausländischen Fische. Berlyn. Naturg. Ausl. Fische v. 4. i-xii + 1-128.

Eksterne skakel

wysig