Indiese akkedisvis
(Aangestuur vanaf Synodus indicus)
Die Indiese akkedisvis (Synodus indicus) is 'n vis wat voorkom aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooisee tot by die Oos-Kaap, soms tot by Mosselbaai. In Engels staan die vis bekend as die Indian lizardfish.
Indiese akkedisvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. indicus
|
Binomiale naam | |
Synodus indicus (F. Day, 1873)
|
Voorkoms
wysigDie vis is dofpienk op die rug met ligte blou-grys vlekke en strepe op. Daar is twee kort swart strepe op die boonste rant van die kieudeksel. Die stertvin is geel met 'n swart rant. Die vis word tot 33 cm lank.
Habitat
wysigDie vis leef in sanderige of rotsagtige bodems in water wat 20–100 m diep is en het geen kommersiële waarde nie. Indien die vis in 'n akwarium aangehou word neig dit om gedurende die nag uit die tenk te probeer spring.
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
- Froese, Rainer, en Daniel Pauly, eds. (2012). "Synodus indicus" in FishBase. April 2012-weergawe.