Witrand-klipkabeljou
Die witrand-klipkabeljou (Epinephelus albomarginatus) is 'n vis wat endemies is aan Suid-Afrika en van die suide van Mosambiek tot Oos-Londen voorkom. In Engels staan die vis bekend as white-edged rockcod.
Witrand-klipkabeljou | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | E. albomarginatus
|
Binomiale naam | |
Epinephelus albomarginatus Boulenger, 1903
|
Voorkoms
wysigDie vis se kop, lyf en dorsale vin het bruin kolletjies op. Die pektorale- en bekkenvinne is geel en die anale en stervinne het 'n wit rand op. Die vis word tot 82 cm lank en 13 kg swaar.
Habitat
wysigDie witrand-klipkabeljou leef in koraalriwwe en rotsagtige bodems in water wat 10–120 m diep is. Hulle eet ongewerweldes wat op die bodem leef, vis en tjokka. Die visse is hermafrodiete. Die wyfies skiet kuit van Oktober tot Februarie in die noorde van KwaZulu-Natal. Dit is 'n gewilde eetvis en word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7