Papierbasdoring
Die papierbasdoring (Vachellia sieberiana[1][2]) is 'n boom wat inheems aan Suid-Afrika is en aangetref word in die bosveld van KwaZulu-Natal en noord van die Vaalrivier in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga. Die bas is gryserig of gelerig bruin en is dikwels kurkagtig of skilfer af. Die reguit dorings word tot 9 cm lank. Die blomme word in klein donserige wit hofies gedra. Die peule is dik, houtagtig en ongeveer 15 cm lank. Die peule gaan eers oop nadat dit van die boom afgeval het. Die boom se FSA-nommer is 187.[3][4]
Papierbasdoring | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Klade: | Mimosoideae |
Genus: | Vachellia |
Spesie: | V. sieberiana
|
Binomiale naam | |
Vachellia sieberiana (DC.) Kyal. & Boatwr., (2013)
| |
Sinonieme | |
|
In Afrika is die boom inheem in Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Gambië, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Malawi, Mali, Mauritanië, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Sien ook
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Acacia sieberiana. |
Verwysings
wysig- ↑ "Plantlys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2019. Besoek op 23 Maart 2017.
- ↑ Die SANBI-rooilys., voorheen Acacia sieberiana
- ↑ https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
- ↑ Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 75. ISBN 978-1-77007-759-1.
Bronne
wysig- Keith, Paul & Meg Coates Palgrave (2000). Algemene gids tot BOME. ISBN 1-86872-527-8
- REDLIST Sanbi