Ariidae
Die Seebabers (Ariidae) is 'n visfamilie van die orde Siluriformes. Dit bevat 14 genera met minstens 124 spesies. Vier van die spesies word aan die Suid-Afrikaanse kus aangetref.
Ariidae | |
---|---|
Die See-katvis – 'n Seebaber van die Atlantiese Oseaan | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Superfamilie: | |
Familie: | Ariidae L. S. Berg, 1958
|
Genera | |
Amissidens |
Kenmerke
wysigDie indiwidue van hierdie familie is ongeskub en die strale van die eerste dorsale vin en pektorale vinne is giftig. Die stertvin is gevurk. Daar is twee baarde (stekels) op die bokaak en vier aan die onderkaak. Die grootte wissel van 30 – 60 cm. Hulle kom voor in sout-, brak en varswater. Hulle vleis is eetbaar.
Genus
wysigDie volgende genus en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Galeichthys ater - Swartseebaber
- Galeichthys feliceps - Witseebaber
- Galeichthys trowi - Natalse seebaber
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7