Bespreking:Seekoei

Hierdie artikel is deur die gemeenskap geïdentifiseer as een van Wikipedia se spogartikels en het vir die eerste keer tydens week 9 van 2009 op ons voorblad gepryk. Dit beteken egter nie dat die artikel nie verder gewysig kan word nie: voel vry om dit te verbeter of by te werk.

"Seekoei" en "Nijlpaard" se onderskeid? Eersgenoemde hou ook in die see!

wysig

Ek dink ek weet nou waar die probleem sit.

Vermoedelik is die naam Seekoei gekies ter onderskeid van die 'Nijlpaard' (in 'n tydperk toe wetenskaplike taksonomie nog in sy kinderskoene was) - die seekoei hou in rivier- én seewater; die 'Nijlpaard' slegs in varswater; dit was moontlik ook toe te skryf aan die invloed of selfs verbastering van die Portugese seemanstaal, caval de marine (letterlik 'seeperd'). Die dier het volgens een reisbeskrywing dan ook die gedaante van 'n os.

Bucquoi, J. 1744. Aanmerkelyke ontmoetingen in de zestien jaarige reize naa de Indiën gedaan door Jakob de Bucquoi. Haarlem: Jan Bosch. p. 10 (vetdruk my beklemtoning, dit handel hier by die rivier in Mosambiek):

 

In deeze Rivier onthouden zich een menigte van Zeekoeijen, die des nagts op 't land grazen: dezelve zyn heel gelyk met het Nylpaart. De Portugeezen noemen het Caval de Marine; dit Dier leeft zoo wel op 't land als in de Zee, en Rivieren; ze zyn van gedaante een Os gelyk, doch wegen 1600, en 1700 ponden: het is vol van lichaam, bedekt met kort haar, van een muisvaale koleur, de kop boven plat, en zonder hoorens: het heeft breede lippen, en een vreesselyke wyde bek, en sterke tanden, doch vier uitstekende;' als twee in de boven, en twee in de onderkaak, welke ik gezien hebbe van 10 en 12 duim lang, het heeft groote breede Ooren, en groote uitpuilende Oogen, vier voeten, ieder een hoef en gespleete klaauwen, de staart kort en spits, zonder kwast, is vet en goed om te eeten; 't kan men drinken zonder dat het walgt. Het graast aan de Oevers, op moerige en overvloejende landen, is gevaarlyk als mens het vervolgt, of gekwest heeft. Zy kunnen een sloep met hun tanden doorboren en om ver haalen, doch doen niemand leed, als men het niet en* beledigt.

 

[(*op sintaktiese terrein lê die gebruik van 'en' as ontkenningsartikel of bywoord voor die werkwoord - dis 'n dubbele ontkenning; let wel op die "gespleete klaauwen" en Levitikus 11:3, dis baie belangrik teen hierdie agtergrond ]Suidpunt (kontak) 13:42, 19 Januarie 2021 (UTC)Beantwoord

wysig

Gemeemskap, wat gemaak met die rooi months links in die verwysings....??? Oesjaar (kontak) 12:47, 4 November 2021 (UTC)Beantwoord

Haal bv. "month = September | year = 2005 |" uit en vervang dit met "date = September 2005 |" . ~ Burgert (kontak) 16:13, 4 November 2021 (UTC)Beantwoord
  Uitgevoer --  Aliwal2012 16:27, 4 November 2021 (UTC)Beantwoord
Terug na "Seekoei"-bladsy.