Blinkblaar-wag-’n-bietjie
Die blinkblaar-wag-’n-bietjie (Ziziphus mucronata)[2] is ’n bladwisselende boom wat algemeen in die bosveld en selfs dele van die hoëveld voorkom.
Blinkblaar-wag-’n-bietjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Rosales |
Familie: | Rhamnaceae |
Genus: | Ziziphus |
Spesie: | Z. mucronata
|
Binomiale naam | |
Ziziphus mucronata Willd., (1809)
| |
Sinonieme[1] | |
|
Verspreiding
wysigDit is inheems aan feitlik die hele Suider-Afrika, met die uitsondering van die Suidwes-Kaap, Suidwes-Botswana, die kusgebiede van Namibië en dié van Mosambiek. Dit is ook in Angola, Benin, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Djiboeti, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Gambië, Guinee, Jemen, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Madagaskar, Malawi, Mali, Mauritanië, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Rwanda, Saoedi-Arabië, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Somalië, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Beskrywing
wysigDie boom is slaphangend en op die jong hout is daar gewoonlik aan weerskante van die blaarsteel ’n paar baie skerp dorings, die een krom en die ander reguit. Die glansende groen blare is kenmerkend en die blaarbasis is simmetries met die blaarrand uiters fyn geskulp. Die boom dra klein, gelerige blomme met 'n deursnee van 6 mm. Die vrugte is tot 1.5 cm in deursnee en hoewel eetbaar is dit nie baie smaaklik nie. Die vlees van die vrugte is dun, droog en melerig. Die boom het baie medisinale gebruike.
Die Blinkblaar-wag-’n-bietjie is as Suid-Afrika se Algemene Boom van die Jaar vir 2017 aangewys,[3] en die boom se FSA-nommer is 447.[4]
Subspesies
wysigDie boom het twee subspesies:
- Ziziphus mucronata subsp. mucronata
- Ziziphus mucronata subsp. rhodesica R.B.Drumm.
Galery
wysig-
Blomme in blaaroksels -
Blomme van naby
Sien ook
wysigBronne
wysig- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- Plants of the World Online
- REDLIST Sanbi
Verwysings
wysig- ↑ The Plant List: A Working List of All Plant Species, archived from the original on 3 Oktober 2018, https://web.archive.org/web/20181003212540/http://www.theplantlist.org/tpl1.1/record/kew-2470721, besoek op 30 January 2016
- ↑ Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 152. ISBN 978-1-77007-759-1.
- ↑ "The Buffalo thorn is 2017's Common Tree of the Year" (in Engels). flauna.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2017. Besoek op 4 Junie 2017.
- ↑ https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Blinkblaar-wag-’n-bietjie.