Blokkies-dikkop
Die Blokkies-dikkop (Redigobius dewaali) is 'n klein varswatervis wat in riviere aan die ooskus van Afrika voorkom, vanaf die Limpoporivier suidwaarts tot by suidelike KwaZulu-Natal. Daar is ook geïsoleerde rekords van die vis in Knysna en Kariega-strandmeer in die Oos-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die Checked goby.
Blokkies-dikkop | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | R. dewaali
|
Binomiale naam | |
Redigobius dewaali (Weber, 1897)
|
Voorkoms
wysigDie vis het 'n bolronde stertvin en die kop is plat, die oë en die bek is groot. Die vis is deurskynend olyfbruin met swart kolle of strepe op die lyf. Op die basis van die dosale vin is daar twee swart kolle en op die basis van die eerste dorsale vin is 'n groot swart kol. Die vis word tot 56 mm lank.
Habitat
wysigDie vis leef in helder water met baie plantegroei in vloedvlakte panne, mere en strandmere. Die visse vreet ongewerweldes en inseklarwes. Hulle broei gedurende die somer.
Sien ook
wysigBron
wysig- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1