Boet Erasmus-stadion
Die Boet Erasmus-stadion, later bekend as die OPRU-stadion, is 'n vervalle stadion in Somerstrand, Gqeberha, Suid-Afrika. Die stadion het 'n kapasiteit van 33 852 toeskouers gehad. Dit is na Boet Erasmus, 'n voormalige burgemeester van Port Elizabeth, genoem.
OPRU-stadion | ||
Oorblyfsels van die OPRU-stadion in 2016
| ||
Volle naam | Oostelike Provinsie Rugbyunie-stadion | |
---|---|---|
Ligging | La Rocherylaan, Somerstrand, Gqeberha | |
Koördinate | 33°58′55″S 25°38′22″O / 33.98194°S 25.63944°O | |
Eienaar | Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit | |
Operateur | Oostelike Provinsie Rugbyunie | |
Kapasiteit | 33 852 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gesluit | 2010 | |
Huurders | ||
Magtige Olifante (Curriebeker) (1959–2010) Bay United (PSL/Nasionale Eerste Afdeling) (2008–2010) |
Die stadion is meestal vir rugbywedstryde gebruik, maar is ook vir sokker ingespan. "OPRU" staan vir "Oostelike Provinsie Rugbyunie", so genoem na die Magtige Olifante (Oostelike Provinsie) wat die stadion vir Curriebeker-wedstryde gebruik het.
Die stadion was die beoogde tuisveld van die Southern Spears, wat in 2006 aan die Curriebeker sou deelneem om vir die Superrugby van 2007 voor te berei. Die Southern Spears is egter nie in een van hierdie kompetisies toegelaat nie.
Die stadion is in Julie 2010 amptelik gesluit. Die Oostelike Provinsie Rugbyunie het alle wedstryde na die nuwer en moderner Nelson Mandelabaaistadion verskuif. Die laaste wedstryd wat op die veld gespeel is, was 'n vriendskaplike wedstryd teen die Blou Bulle op 3 Julie 2010.[1]
Ná die sluiting is die stadion steeds vir amateur- en klubrugby aangewend, maar dit is ook later laat vaar. Rondlopers en diewe het die stadion stadig maar seker afgetakel. Slegs die strukture van beton het staande gebly. Die stadion se eienaar, die plaaslike munisipaliteit, het die privaatsektor vir voorstelle genader om die grond te herontwikkel.[2]
Wedstryde
wysigRugbywêreldbeker 1995
wysig- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Rugbywêreldbeker 1995.
Datum | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|
26 Mei 1995 | Kanada | 34–3 | Roemenië | Groep A | 18 000 |
31 Mei 1995 | Australië | 27–11 | Kanada | Groep A | 15 000 |
3 Junie 1995 | Suid-Afrika | 20–0 | Kanada | Groep A | 31 000 |
Afrikanasiesbeker 1996
wysig- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Afrikanasiesbeker 1996.
Datum | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|
14 Januarie 1996 | Ghana | 2–0 | Ivoorkus | Groep D | 8 000 |
16 Januarie 1996 | Tunisië | 1–1 | Mosambiek | Groep D | 1 000 |
19 Januarie 1996 | Ghana | 2–1 | Tunisië | Groep D | 1 000 |
21 Januarie 1996 | Ivoorkus | 1–0 | Mosambiek | Groep D | 500 |
24 Januarie 1996 | Algerië | 2–1 | Burkina Faso | Groep B | 180 |
25 Januarie 1996 | Tunisië | 3–1 | Ivoorkus | Groep D | 1 000 |
28 Januarie 1996 | Ghana | 1–0 | Zaïre | Kwarteindrondte | 8 000 |
Internasionale wedstryde
wysigRugby
wysigDatum | Span 1 | Telling | Team 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|
1955 | Oostelike Provinsie | 20–0 | Britse en Ierse Leeus | Toerwedstryd | |
1955 | Suid-Afrika | 22–8 | Britse en Ierse Leeus | Toetswedstryd | |
1962 | Oostelike Provinsie | 6–21 | Britse en Ierse Leeus | Toerwedstryd | |
1968 | Oostelike Provinsie | 14–23 | Britse en Ierse Leeus | Toerwedstryd | |
1968 | Suid-Afrika | 6–6 | Britse en Ierse Leeus | Toetswedstryd | |
25 Mei 1974 | Suid-Afrika | 9–26 | Britse en Ierse Leeus | Toetswedstryd | 55 000 |
13 Junie 1974 | Oostelike Provinsie | 14–28 | Britse en Ierse Leeus | Toerwedstryd | |
10 Mei 1980 | Oostelike Provinsie | 16–28 | Britse en Ierse Leeus | Toerwedstryd | |
24 Mei 1997 | Oostelike Provinsie XV | 11–39 | Britse en Ierse Leeus | Toerwedstryd | |
17 Junie 2006 | Suid-Afrika | 29–15 | Skotland | Toetswedstryd | 35 000 |
Sokker
wysigDatum | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|
29 Julie 2000 | Suid-Afrika | 0–1 | Zimbabwe | 2000 COSAFA Cup-halfeindrondte | |
14 Junie 2003 | Suid-Afrika | 2–1 | Trinidad en Tobago | Vriendelike wedstryd | 28 000 |
12 November 2006 | Suid-Afrika | 2–3 | Senegal | Nelson Mandela Challenge | |
1 Junie 2008 | Suid-Afrika | 0–1 | Nigerië | FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010-kwalifikasie | 30 000 |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "So sad. Boet Erasmus in ruin" (in Engels). The Herald. 7 November 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 7 Julie 2016.
- ↑ Foster, Grant (15 November). "Former EP Rugby home in ruins". SA Promo (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Junie 2018. Besoek op 7 Julie 2016.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Boet Erasmus-stadion.