Domino
Die Domino (Dascyllus trimaculatus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by die Groot-Visrivier. In Engels staan die vis ook bekend as die Domino.
Domino | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | D. trimaculatus
|
Binomiale naam | |
Dascyllus trimaculatus (Rüppell, 1829)
|
Voorkoms
wysigDie onvolwasse vissies is swart van kleur met 'n wit kol op die voorkop en een op elke sy, net onder die dorsale vin. Die volwasse vis is donker van kleur met die rante van die skubbe wat heeltemal swart is. Die wit kolle mag nog aanwesig wees en die vis word 13 cm groot.
Habitat
wysigDie vis verkies koraal- en rotsriwwe om in te leef in water wat tot 55 m diep is. Die vis eet soöplankton. Die klein vissies word geassosieer met seeanemone; hulle leef saam met die anemone sonder om deur hulle gesteek te word. Die volwasse visse leef alleen.
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7