Wonderboomvy
Die Wonderboomvy (Ficus salicifolia) is 'n mediumgroot boom (tot 10 m hoog) wat wydverspreid in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes voorkom. Die spesie se vrugte is klein, 6 mm in deursnee. Hulle is aanvanklik groenerig-wit maar word pienk wanneer dit ryp is. Hierdie spesie is die bekende Wonderboom in Pretoria. Die boom se FSA-nommer is 60.[1] Die boom kom ook in die volgende lande voor: Algerië, Botswana, DR Kongo, Djiboeti, Egipte, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Jemen, Katar, Kenia, Koeweit, Libië, Malawi, Mosambiek, Niger, Oman, Saoedi-Arabië, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sokotra, Soedan, Somalië, Tanzanië, Tsjad, Uganda, Verenigde Arabiese Emirate, Zambië en Zimbabwe.
Wonderboomvy | |
---|---|
Die Wonderboom in Pretoria. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Rosales |
Familie: | Moraceae |
Genus: | Ficus |
Spesie: | F. salicifolia
|
Binomiale naam | |
Ficus salicifolia Vahl, (1790)
| |
Sinonieme | |
|
Nelspruit
wysigHierdie boom het die nuusvoorblad gehaal nadat 'n spesie van tussen 215 en 265 jaar oud uitgehaal sou word, omrede dit in die pad van die N4 nasionale pad was. Nadat die gemeenskap kapsie gemaak het, is die pad herbeplan en die boom behou.[2]
Fotogalery
wysig-
Geronde basis van 'n blaar
-
Tak met blare
-
Vrugte
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 November 2012. Besoek op 21 November 2012.
Bronne
wysig- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online