Groep van 20
Die Groep van die 20 voorste nywerheids- en ontwikkelende lande (G-20) is 'n informele vereniging wat uit die Europese Unie en 19 ander lidstate bestaan. Suid-Afrika is die enigste lid op die vasteland van Afrika. Die Groep van 20 is as 'n belangrike internasionale forum, ten opsigte van samewerking en wedersydse raadpleging en konsultasie in verband met kwessies wat die internasionale finansiële stelsel raak, gestig.
Die G-20 se berade word deur die ministers van finansies en die direkteurs van die Sentrale of Reserwebanke van die Groep van Agt en twaalf ander state asook die president van die Europese Raad bygewoon (mits hierdie amp tydens die beraad nie reeds deur 'n verteenwoordiger van een van die G7-state beklee word nie), die president van die Europese Sentrale Bank, die besturende direkteur van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), die voorsitter van die Internasionale Komitee van Geldeenhede en Finansies (IKGF/IMFC), die president van die Wêreldbank en die voorsitter van die Wêreldbank en die IMF se Development Assistance Committee bygewoon.
Lys van die Groep van 20-spitsberade
wysigDatum | Land | Stad | Plek | Gasheer | Notas | |
---|---|---|---|---|---|---|
1ste | 15–16 Desember 1999 | Duitsland | Berlyn | |||
2de | 24–25 Oktober 2000 | Kanada | Montreal | |||
3de | 16–17 November 2001 | Kanada | Ottawa | |||
4de | 22–23 November 2002 | Indië | Delhi | |||
5de | 26–27 Oktober 2003 | Meksiko | Morelia | |||
6de | 19–21 November 2004 | Duitsland | Berlyn | |||
7de | 15–16 Oktober 2005 | Volksrepubliek China | Beijing | |||
8ste | 18–19 November 2006 | Australië | Melbourne | |||
9de | 17–18 November 2007 | Suid-Afrika | Kaapstad | |||
10de | 8–9 November 2008 | Brasilië | São Paulo | |||
11de | 14–15 November 2008 | Verenigde State | Washington, D.C. | National Building Museum | George W. Bush | spesiale byeenkoms oor die ekonomiese wêreldkrisis |
12de | 2 April 2009 | Verenigde Koninkryk | Londen | ExCeL London | Gordon Brown | Die G20-byeenkoms in Londen was hoofsaaklik gewy aan die gevolge van die ekonomiese krisis en is bygewoon deur die leiers van die lidlande, aangevul met Spanje en Nederland (as verteenwoordigers van die Europese Unie), asook die ministers van Finansies en die presidente van die sentrale banke. Die vernaamste resultate was 'n ekstra impuls vir die finansiële wêreld, steun aan die IMF en 'n wêreldwye reguleringsorgaan vir die finansiële markte. Die IMF het 'n bykomende bedrag van 500 miljard dollar gekry om die finansiële stabiliteit in die wêreld te versterk. Japan, die Europese Unie en die Verenigde State sou elk die IMF met 100 miljard dollar versterk. Met hierdie toegif verdrievoudig die middele van die IMF vir die bestryding van die finansiële krisis. Daarbenewens is afgespreek om proteksionisme teen te werk en 'n halt te roep met belastingparadyse. |
13de | 24–25 September 2009 | Verenigde State | Pittsburgh | David L. Lawrence Convention Center | Barack Obama | Tweede byeenkoms vir 2009. Vir hierdie geleentheid was ook die leiers uitgenooi van die lande Spanje en Nederland en die organisasies NEPAD, ASEAN, Verenigde Nasies, Wêreldbank, Internasionale Monetêre Fonds, Wêreldhandelsorganisasie, APEC en die FSF. Hulle het samesprekings gevoer oor die vooruitgang wat gemaak is sedert die voorafgaande twee byeenkomste en verdere aksies is bespreek wat moet lei tot herstel weens die wêreldwye finansiële en ekonomiese krisis. |
14de | 26–27 Junie 2010 | Kanada | Toronto | Metro Toronto Convention Centre | Stephen Harper | Op die agenda is onder andere bankbelasting. Protesaksies kom voor. Enkele mense het vreedsaam geprotesteer, maar ander verwoes winkelvensters, steek polisievoertuie aan die brand en verniel antennas van televisiestasies. |
15de | 11–12 November 2010 | Suid-Korea | Seoel | COEX Convention & Exhibition Center | Lee Myung-bak | Die oorheersende tema was die dreigende valutaoorlog. Die voortgesette ruim geldpolitiek van die Verenigde State bly die waarde van die dollar voortdurend ondermyn. Die samesprekings lewer geen resultaat op nie. |
16de | 3–4 November 2011 | Frankryk | Cannes | Palais des Festivals | Nicolas Sarkozy | |
17de | 18–19 Junie 2012 | Meksiko | San José del Cabo, Los Cabos | Los Cabos Convention Center | Felipe Calderón | |
18de | 5–6 September 2013 | Rusland | Sint Petersburg | Strelna | Wladimir Poetin | |
19de | 15–16 November 2014 | Australië | Brisbane | Brisbane Convention & Exhibition Centre | Tony Abbott | |
20ste | 15–16 November 2015 | Turkye | Serik, Antalya | Regnum Carya Hotel Convention Centre | Recep Tayyip Erdoğan | |
21ste | 4–5 September 2016 | Volksrepubliek China | Hangzhou | Hangzhou International Exhibition Centre | Xi Jinping | Die hooffokus was die swak groei in die wêreldekonomie. As grootste risiko's vir die wêreldekonomie is wispelturige kapitaalstrome genoem, 'n skerp val in grondstofpryse en geo-politieke spanning. Die enigste konkrete ooreenkoms was dat sentrale bankiers hul monetêre beleid beter met mekaar gaan koördineer.[1] |
22ste | 7–8 Julie 2017 | Duitsland | Hamburg | Hamburg Messe | Angela Merkel | |
23ste | 30 November–1 Desember 2018 | Argentinië | Buenos Aires | Costa Salguero Center | Mauricio Macri | |
24ste | 28–29 Junie 2019 | Japan | Osaka | Intex Osaka | Shinzo Abe | |
25ste | 21–22 November 2020 | Saoedi-Arabië | Riaad | King Abdullah Financial District | Salman | Weens die wêreldwye Covid-19-pandemie aanlyn gehou |
26ste | 30–31 Oktober 2021 | Italië | Rome | EUR Nuwe Konferensiesentrum | Mario Draghi | |
27ste | 30–31 Oktober 2022 | Indonesië | Bali | Bali Nusa Dua Konferensiesentrum | Joko Widodo | |
28ste | 2023 | Indië | Nieu-Delhi | India International Convention and Expo Centre | Narendra Modi | |
29ste | 2024 | Brasilië | N.v.t. | N.v.t. | N.v.t. |
Leiers van die G20
wysigLidlande
wysigGeskiedenis
wysigDie G20 is vir die eerste keer bespreek tydens die konferensie van die G7 in Keulen in Junie 1999, en formeel gestig tydens die vergadering van die G7 op 26 September 1999. Die eerste byeenkoms van die G20 vind plaas op 15 en 16 Desember 1999 in Berlyn. Aanvanklik het die ministers van Finansies van alle lidstate, die presidente van die sentrale banke van die lande van die G7 en van 12 ander belangrike lande en die voorsitter van die Europese Unie sitting in die G20.
Organisasie
wysigDie G20 het geen permanente sekretariaat van permanente beamptes nie. Hierdie take word per vergadering deur ander lande uitgevoer. Die land wat die byeenkoms organiseer stel 'n tydelike sekretariaat saam, wat die werk en die organisasie van die byeenkoms lei.
Die vergaderings is onreëlmatig maar in die algemeen jaarliks, voorafgegaan deur 'n voorbereidende byeenkoms. In Oktober 2008 is 'n spesiale byeenkoms gewy aan die gevolge van die kredietkrisis, bygewoon deur die regering leiers van die lidlande. Hierdie word in April 2009 opgevolg.
Verwysings
wysig- ↑ (nl) Het Financieele Dagblad Dijsselbloem: 'Voldoende ruimte om groei aan te jagen', 27 Februarie 2016, besoek op 4 Maart 2016
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Groep van 20. |
- (es) (en) Amptelike tuisblad Geargiveer 8 Februarie 2011 op Wayback Machine