Hallo Renamed user 3aa4fe0c77e1279e6d0fa928eac40011, hartlik welkom op die Afrikaanse Wikipedia! Message in English Bericht in het Nederlands
Dankie vir jou belangstelling in Wikipedia. Ons werk hier aan die ideaal van ’n gratis en vrylik beskikbare, vrylik bewerkbare, neutrale en volledige ensiklopedie.
Die Afrikaanse Wikipedia bestaan al sedert Desember 2001 en bevat reeds 120 886 artikels. Vanaf die begin van die projek het die gebruikers ’n aantal riglyne en uitgangspunte vir artikelbewerking en onderlinge samewerking opgestel. Nuwelinge kan hieruit voordeel trek. Jy mag dit behulpsaam vind om van die skakels in hierdie raampie te volg en met die projek vertroud te raak voordat jy begin bydra. Indien jou vingers jeuk om te eksperimenteer, kan jy gerus ons Sandput besoek: dit is juis vir die rede daar. Uiteindelik wil ons dat al ons gebruikers vry voel om hulle gang te gaan, maar dit doen natuurlik geen kwaad om ’n bietjie houvas te kry voor 'n mens in die diep kant in spring nie! Besoek gerus ook ons Geselshoekie, ons gebruikers staan gereed om hand by te sit, of bloot net hand te skud.
Verifieerbaarheid
Die eerste van Wikipedia se drie kernbeleide
Geselshoekie
Die gewilde bymekaarkomplek
Geen oorspronklike navorsing
Die tweede van Wikipedia se drie kernbeleide
Sandput
Eksperimenteer na hartelus
Neutrale standpunt
Die derde van Wikipedia se drie kernbeleide
Redigeringsinstruksies
Hoe maak ek: teks wat skuinsgedruk is? ’n opskrif? tabelle?
Wat Wikipedia nie is nie
Daar is ook ’n paar dinge wat ons nié hier doen nie
Beelde
As jy beelde wil oplaai
Beleefdheid
Ken jou maniere
Wenke vir die skryf van ’n goeie artikel
Soms sê die naam alles

Hierdie bladsy, wat nou op jou skerm vertoon word, is trouens jou persoonlike besprekingsbladsy. Die plek waar ander Wikipediane jou in die toekoms kan kontak en jy hulle dan kan beantwoord. Elke gebruiker het so ’n bladsy. Jy kan dus ook boodskappe op ander gebruikers se besprekingsbladsye los. Sluit boodskappe en besprekings altyd af met ~~~~ of deur op die handtekeningknop in die wysigingsvenster te kliek: sodoende word jou boodskap onderteken met jou gebruikersnaam en die datum en tyd waarop die boodskap gestuur is. Kliek dan laastens op "Publiseer wysigings" om enige bewerkings te stoor.


Moedertaal

wysig

@SilverBullet X:, wat is jou moedertaal? Oesjaar (kontak) 19:49, 30 Julie 2024 (UTC)Beantwoord

@Oesjaar, Groete, meneer. Is dit nodig, of is dit net 'n vriendelike, nuuskierige navraag? -- SilverBullet X (kontak) 20:08, 30 Julie 2024 (UTC)Beantwoord

Gebruikersblad

wysig

Nota: Gesels oorgedra van elders vir volledigheid --  Aliwal2012 07:30, 29 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord

Hallo @Aliwal2012, Wat @Woordgenoot doen, kan met 'n bot wat ek kan skep geoutomatiseer word; dit is nie regverdig om een gebruiker hierdie herhalende taak te laat uitvoer nie, Groete. SilverBullet X (kontak) 08:43, 29 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord
Hallo @SilverBullet X. Dit is 'n taak wat deel is van my werksbeskrywing as die Afrikaanse Wikipedia se intern, so ek doen dit graag. Maar ek dink dit sal 'n aanwins vir die Wikipedia wees om in die toekoms die funksie te outomatiseer. Groete! Woordgenoot (kontak) 12:54, 29 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord
Goeie dag, Me. @Woordgenoot
Ek waardeer jou pogings, maar die meeste Wikis, indien nie almal nie, gebruik die Bespreking-bladsy om groete te plaas aangesien dit 'n kwessie van die gebruiker se toestemming en respek vir sy/haar gebruiker-bladsy is. MediaWiki het om 'n rede nie 'n groeteboodskap op die gebruiker se bladsy gekonstrueer nie. Aangesien jy in goeie trou optree, het ek niks teen jou om die taak uit te voer wat aan jou gegee is nie. Oorweeg egter hoe hierdie aksie probleme kan veroorsaak in die toekoms, aangesien dit aan 'n ander gebruiker die vermoë gee om 'n ander gebruiker se bladsy te verander sonder daardie gebruiker se toestemming—met die uitsondering van die konvensies en die dos en don'ts. Weereens, aangesien jy 'n intern is, het ek niks teen jou nie; ek hoop egter die administrateurs sal hierdie taak heraanduid na iets meer voordelig. Ek het wel 'n versoek ingedien vir 'n vinnige uitvee van my gebruiker-bladsy ingevolge U1 soos per spoedige verwyderings, maar ek het ontdek dat die versoek nie uitgevoer is nie, selfs na 'n aansienlike tyd, wat meer en meer besorghede laat ontstaan. Nietemin het ek besluit om die situasie oor die hoof te sien eerder as om dit te laat vererger, aangesien ek die saak na die WMF-personeel kan bring. Ek hoop dit maak alles duidelik, en ek hoop jy het 'n wonderlike dag en sterkte.
Vriendelike groete. ـ ـ SilverBullet X (kontak) 19:16, 29 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord

Hallo, mag ek vra hoekom jy [Woordgenoot] my gebruikersbladsy geskep het? -- SilverBullet X (kontak) 18:35, 30 Julie 2024 (UTC)Beantwoord

@SilverBullet X:, ek as 'n Burokraat het haar gevra om dit te doen vir alle nuwe gebruikers. Ons doen dit omrede baie nuwe gebruikers nie eers bewus is dat hulle oor 'n Gebruikersblad beskik nie. Groete. Oesjaar (kontak) 18:46, 30 Julie 2024 (UTC)Beantwoord
@Oesjaar, Ek is dankbaar vir jou antwoord. Ek sal dit waardeer as jy my kan laat weet watter polis beleid dit is (ideaal die spesifieke artikel ingesluit). -- SilverBullet X (kontak) 18:53, 30 Julie 2024 (UTC)Beantwoord
Polis??? Jy bedoel dalk beleid? Oesjaar (kontak) 19:06, 30 Julie 2024 (UTC)Beantwoord
@Oesjaar Jammer, meneer. Ja, die beleid. -- SilverBullet X (kontak) 19:08, 30 Julie 2024 (UTC)Beantwoord
Daar is nie 'n geskrewe beleid nie, ons het net besluit dat ons nuwe gebruikers vra om iets oor hulself te vertel. Dit kan ons in moontlik staat stel om te weet wat hulle vakgebied is sodat ander mense kan baat vind by hulle kennis. Jy kan die vraag verwyder van jou gebruikersblad as jy wil en los dit skoon, ander gebruikers het. Hoekom pla dit jou? Oesjaar (kontak) 19:21, 30 Julie 2024 (UTC)Beantwoord
Net vir die rekord: die gebruikersblad is joune. Hierna raak ons nie aan hom behalwe as daar gemors soos politieke dinge, vloekery, ens geplaas word. Oesjaar (kontak) 19:23, 30 Julie 2024 (UTC)Beantwoord
@Oesjaar, Pla dit my? Skaars. Dit het te doen met beleid. Ek is bewus van die gebruikersbladsy-beleide rakende wat ek wel en nie mag skryf nie, so ek aanvaar jou idee en respekteer jou standpunt. Ek sal dit waardeer as jy my besorgdheid verstaan oor iemand anders wat op my gebruikersbladsy skryf. Dankie vir jou tyd, en ek hoop almal het 'n wonderlike dag. -- SilverBullet X (kontak) 19:36, 30 Julie 2024 (UTC)Beantwoord
Dankie, ek verstaan. Jammer vir enige ongerief. Is jou moerdertaal Afrikaans? Groete! Oesjaar (kontak) 19:39, 30 Julie 2024 (UTC)Beantwoord
@Oesjaar, Dankie vir jou begrip. Met alle respek, ek wil nie enige inligting bekend maak wat ek nie verplig is om te deel nie. Vriendelike groete. -- SilverBullet X (kontak) 19:56, 30 Julie 2024 (UTC)Beantwoord