Hulle het ons eeu gevorm
Hulle het ons eeu gevorm is 'n lys van 100 mense wat die grootste invloed op Suid-Afrika in die 20ste eeu gehad het. Die lys is gebaseer op 'n stemming wat deur Media24 op hulle webportaal aangebied is. Na die sluiting is biografieë oor die eerste 100 persone saamgestel en in boekvorm in beide Afrikaans en Engels gepubliseer.[1]
Daar is twee pa-en-seun pare en twee man-vrou pare in die finale lys, naamlik Ernest en Harry Oppenheimer, Govan en Thabo Mbeki, Nelson en Winnie Mandela, en Walter en Albertina Sisulu. Dit is interessant dat een van die kandidate op die lys, Andre P Brink, ook die outeur van baie van die biografieë in die boek is.
Prosedure gevolg
wysig'n Aanvanklike lys van 120 name is deur die geskiedkundige Trwella Cameron en uitgewer JJ Human saamgestel. Die name van BJ Vorster en Chris Hani is aanvanklik doelbewus uitgelaat. Die publiek wat die webwerf besoek is gevra om te stem en voorstelle in te dien om by die lys te voeg. Uit die voorleggings het die uitgewer bepaal dat beide BJ Vorster en Chris Hani wel op die lys ingesluit sal moet word. Mense wat nie Suid-Afrikaners is nie, maar wat 'n invloed op Suid-Afrika gehad het is ook vir die lys in aanmerking geneem. Tydens die stemming is geen etikette (soos "politikus", "sportpersoon", "aktivis", ens.) saam met die name voorsien nie.
Aanvanklik sou die stemming in Julie 1999 geëindig het,[2] maar dit is later verleng tot 31 Augustus[3] en weer tot in Oktober 1999.[4]
Die stemming het plaasgevind op http://news.24.com/best100[dooie skakel]. Die stem-portaal het ook 'n gespreksforum gehad sodat mense oor die meriete van die kandidate kon redekawel. Lede van die publiek kon ten gunste van 'n kandidaat stem, maar kon ook teen 'n kandidaat stem. Die name op die werf is van skakels voorsien sodat besoekers 'n kort profiel oor die persoon kon lees.
Kritiek
wysigVan die kritiek teen die lys[5] sluit in vrae oor hoekom Gustav Preller nie die lys gehaal het nie, of hoekom staatsmanne soos Hertzog en M.T. Steyn laer as sportmanne soos Gary Player en Danie Craven asook die verhoogkunstenaar Pieter-Dirk Uys gelys is.
Die lys
wysigDie name in die boek in volgorde:
- Nelson Mandela – staatsman
- Frederik Willem de Klerk – staatsman
- Hendrik Verwoerd – staatsman
- Chris Barnard – chirurg
- Harry Oppenheimer – besigheidsman
- Jan Smuts – staatsman
- Gary Player – sportman
- Cornelis Jakob Langenhoven – outeur
- Anton Rupert – besigheidsman
- Cecil John Rhodes – besigheidsman
- Danie Craven – sportman
- Desmond Tutu – geestelike
- Daniël Francois Malan – staatsman
- Helen Suzman – politikus
- Louis Botha – staatsman
- N.P. van Wyk Louw – outeur
- John Vorster – staatsman
- JBM Hertzog – staatsman
- Ernest Oppenheimer – besigheidsman
- Steve Biko – aktivis
- Pieter Willem Botha – staatsman
- Raymond Ackerman – besigheidsman
- Chris Hani – politikus
- Breyten Breytenbach – outeur
- Christiaan de Wet – staatsman
- Oliver Tambo – aktivis
- Mohandas Gandhi – aktivis
- Thabo Mbeki – staatsman
- Frederik van Zyl Slabbert – politikus
- Mangosutho Buthelezi – politikus
- Pieter-Dirk Uys – verhoogkunstenaar en satirikus
- Walter Sisulu – politikus
- Alan Paton – outeur
- Cyril Ramaphosa – politikus
- Jacob Hendrik Pierneef – skilder
- Eugène Marais – outeur
- Herbert Baker – ingenieur
- André P. Brink – outeur
- Koos de la Rey – militêre leier
- Beyers Naudé – geestelike
- Joe Slovo – politikus
- Bruce Fordyce – sportman
- Winnie Madikizela-Mandela – aktivis
- Albert Luthuli – politikus
- Mimi Coertse – sanger
- Louis Leipoldt – outeur
- Dimitri Tsafendas – sluipmoordenaar
- Ali Bacher – sportman
- Athol Fugard – toneelskrywer en akteur
- Marthinus Theunis Steyn – staatsman
- Andries Treurnicht – politikus
- Herman Charles Bosman – outeur
- Nadine Gordimer – outeur
- Bram Fischer – prokureur
- Sol Kerzner – besigheidsman
- Olive Schreiner – outeur
- Govan Mbeki – politikus
- Hans Merensky – geoloog
- Alfred Milner – besigheidsman
- Robert Sobukwe – aktivis
- Trevor Huddleston – geestelike
- Helen Joseph – aktivis
- Allan Boesak – geestelike
- Walter Battiss – kunstenaar
- Albertina Sisulu – vrou van politikus
- Albert Hertzog – staatsman (seun van J. B. M. Hertzog)
- Hendrik van der Bijl – industrialis
- Sol Plaatjie – joernalis
- James Stevenson-Hamilton – omgewingspesialis
- Abdullah Ibrahim – musikant
- Frene Ginwala – joernalis
- Phillip Tobias – wetenskaplike
- Irma Stern – skilder
- Nthato Motlana – besigheidsman
- Moses Kotane – fondsinsamelaar
- Hendrik Johannes van Eck – nyweraar
- Richard Ernest van der Ross – historikus
- Oubaas Markötter – sportafrigter
- Mamphela Ramphele – akademikus
- John X Merriman – politikus
- Johannes Gerhardus Strijdom – politikus
- Charles Kohler – boer
- Arnold Theiler – bioloog
- Raymond Dart – paleontoloog
- Percy Qoboza – joernalis
- Ellen Kuzwayo – aktivis
- Amina Cachalia – aktivis
- Taubie Kushlick – teater-entrepreneur, regisseur en aktrise
- Jean Sinclair – aktivis
- Abdullah Abdurrahman – politikus
- August Aimé Balkema – outeur
- Hassan Howa – sportadministrateur
- Sydney Kumalo – verhoogkunstenaar
- Bessie Head – outeur
- Vivian Fitzsimons – herpetoloog
- James Gear – wetenskaplike
- Dulcie Howes – verhoogkunstenaar
- Isie Maisels – prokureur
- Clements Kadalie – aktivis
- Jim Bailey – joernalis
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ ISBN 978-0-7981-4008-9
- ↑ Kies invloedrykste Suid-Afrikaner, Beeld, 27 Julie 1999
- ↑ Mandela gewildste in SA; Tsafendas skop stof in Allan Boesak se oë, Beeld, 6 Augustus 1999
- ↑ http://news.24.com/best100[dooie skakel] op Archive.org
- ↑ Vergissing grotesk Internet-kiesers oor rol van taal Geargiveer 20 Julie 2011 op Wayback Machine, Beeld, 11 Januarie 2000