Jan Krüger
Ds. Jan Christoffel Krüger (19 November 1870 – Ladybrand, 26 Junie 1905) was van 1898 tot sy dood predikant van die Gereformeerde kerk Ladybrand, die enigste gemeente in sy kort loopbaan van net sewe jaar.
Ds. Jan Christoffel Krüger | |
Ds. Jan Christoffel Krüger
| |
Naam | Jan Christoffel Krüger |
---|---|
Geboorte | 19 November 1870 |
Sterfte | 26 Junie 1905 (op 34) Ladybrand, Oranjerivierkolonie |
Kerkverband | Gereformeerd |
Gemeente(s) | Ladybrand |
Jare aktief | 1898–1905 |
Kweekskool | Teologiese Skool Burgersdorp |
Die gemeente Ladybrand het reeds in Desember 1872 van Reddersburg afgestig, maar in die eerste 26 jaar van sy bestaan moes die lidmate tevrede wees met konsulentsbediening. Ná hul eerste predikant se dood in die ouderdom van 34 jaar, het die gemeente eers weer in 1911 ’n leraar gekry, in die persoon van ds. H.P.J. Pasch. Benewens dat hy sy studie aan die Teologiese Skool Burgersdorp voltooi het, is nie veel oor ds. Krüger se lewe bekend nie. Ná sy dood is hy in die hoofbegraafplaas op Ladybrand begrawe.
Galery
wysig-
'n Groep Burgersdorpse studente, Oktober 1896. Agter (van links): J.G.H. van der Walt, J.A. du Plessis, J.C. Krüger, Willem Postma. Tussen-in: G.H.J. Kruger. Voor: P.J. Snyman en J.D. du Toit.
-
Die studente en dosente van die Teologiese Skool in 1892. Voor: J. Kruger, G. Kruger, J.A. du Plessis, J. Henning, G. du Plessis, D. Heystek, J. van der Walt. Middel: J. de Klerk, J.A. van Rooy, prof. Jan Lion Cachet, prof. S. Postma, K. Coetsee, J. Malan, P. van der Walt. Agter: J. van der Walt, J. Kruger, W.J. de Klerk, W. Postma, J. Scheepers, P. van Wyk, J.C. Krüger, P. Coetsee, P.C. Snyman.
-
1895: Professore en studente van die Teologiese Skool op Burgersdorp. Voor: J. du Plooy, Ferdinand Postma, J. Kruger, Willem de Klerk, W. Rörich, P. Lion Cachet, J. Coetzee, ene Venter. Middel: Jacobus du Plessis, Flippie Snyman, prof. Stephanus Postma, prof. Jan Lion Cachet, Willem Postma, J.C. Krüger, J.G.H. van der Walt. Agter: Dirk Postma, ene Heystek, D. van der Walt, G.H.J. Kruger, W. Henning, A. Henning, J. de Klerk, onbekend, H. de Klerk, C.W. van der Walt, D. Maré en J. Diepraam.
-
1897: Professore en studente van die Teologiese Skool op Burgersdorp. Ferdinand Postma, P. Coetzee, J. Venter, Wardaugh, P. Lion Cachet, Willem de Klerk, W. Henning, J.P. van der Walt, J. Pretorius. Middel: G.H.J. Kruger, J.D. du Toit, P.C. Snyman, J.A. du Plessis, prof. J. Lion Cachet, prof. S. Postma, J. Krüger, J.G.H. van der Walt. Agter: C. Pretorius, J. Maré, ene Faul, H. de Klerk, L.J. du Plessis (begin 1969, met die skool se eeufees, die oudste [89 jaar] nog lewende oudstudent van die Teologiese Skool en woonagtig te Reddersburg, seun van ds. L.J. du Plessis), J. du Plessis, F. Henning, J. du Plooy, C. van der Walt, N.H. van der Walt, D. Postma.
-
Die Algemene Vergadering van die Gereformeerde Kerk op Burgersdorp, 1902, die eerste algemene vergadering ná die Tweede Vryheidsoorlog. Eerste ry: Di. J.A. van Rooy, L.P. Vorster, S. Postma, Gert Kruger. Tweede ry (vanaf vyfde van links): Prof. Jan Lion Cachet, dr. P.C. Snyman, prof. J.A. Du Plessis, ds. T. Hamersma, J.C. Krüger, Willem Postma, W.J. Snyman. Derde ry: Di. H.J. du Plessis, Schalk Buys, N. van der Walt, Christiaan van Wyk, D.G. Grobler.
-
Die Algemene Sinode in sitting te Middelburg, Kaap, 1904, waartydens besluit is om die Teologiese Skool Burgersdorp na Potchefstroom te verplaas. Voor: (vyfde van links) G.H.J. Kruger. Eerste ry op stoele: (vyfde van links) ds. A.J.J. de Klerk Coetsee, oudl. G. Henning, J.G.H. van der Walt, L.J. du Plessis, prof. Jan Lion Cachet, Petrus Postma, J.D. du Toit, P.C. Snyman, Taetse Hamersma. Eerste ry staande: (sesde van links) Willem Postma, Martinus Postma, J.A. van Rooy, onbekend, prof. Jan Kamp, W.J. de Klerk, J.C. Krüger, J.A. du Plessis, W.J. Snyman, Dirk Postma.
-
1905: Algemene Vergadering van die Gereformeerde Kerk in die OVS op Ladybrand. In die twee ry sit vanaf vierde van links: ds. J.C. Kruger, onbekend, Louw du Plessis, Willem Postma en Jacobus du Plessis.
Bronne
wysig- (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.