Die Krinkhout (Securidaca longipedunculata) is 'n klein boompie wat wydverspreid voorkom in Afrika suid van die Sahara. In Suid-Afrika word dit aangetref in die noordelike en westelike dele van Limpopo. Die boom het kort, stywe takkies waaraan die blare, blomme en vrugte gedra word. Die blare is enkelvoudig en glad met 'n effense ingerolde rand. Die blomme wissel van pienk tot pers en is sowat 10 mm lank. Die vrug, 'n neut, is sowat 4 cm lank en het 'n vlerk. In Engels staan die boom bekend as die Violet-tree.

Krinkhout
Securidaca longipedunculata00.jpg
Securidaca longipedunculata MS 1933.JPG
Blomme en vrugte
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
S. longipedunculata
Binomiale naam
Securidaca longipedunculata
Fresen.

GaleryWysig

Sien ookWysig

BronWysig