Die Papierbasdoring (Vachellia sieberiana[2][3]) is 'n boom wat inheems aan Suid-Afrika is en aangetref word in die bosveld van KwaZulu-Natal en noord van die Vaalrivier in Suid-Afrika. Die bas is gryserig of gelerig bruin en is dikwels kurkagtig of skilfer af. Die reguit dorings word tot 9 cm lank. Die blomme word in klein donserige wit hofies gedra. Die peule is dik, houtagtig en ongeveer 15 cm lank. Die peule gaan eers oop nadat dit van die boom afgeval het. Die boom se nasionale nommer is 187.[4]

Papierbasdoring
Kirstenbosch - Acacia sieberiana.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
V. sieberiana
Binomiale naam
Vachellia sieberiana
(DC.) Kyal. & Boatwr. var. woodii (Burtt Davy) Kyal. & Boatwr.
Sinonieme
  • Acacia abyssinica sensu auct.
  • Acacia amboensis
  • Acacia davyi sensu auct.
  • Acacia purpurascens
  • Acacia sieberana DC.
  • Acacia sieberiana DC. subsp. vermoesenii (De Wild.)
  • Acacia vermoesenii De Wild.[1]
Die sferiese, roomwit blomhofies
Die bas wat soos lagies papier lyk wat afskilfer gee aan die boom sy naam
Nabyskoot van die blare

Sien ookWysig

VerwysingsWysig

  1. ILDIS LegumeWeb
  2. "Plantlys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2019.
  3. Die SANBI-rooilys., voorheen Acacia sieberiana
  4. https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

BronneWysig