Russell se snapper

Russell se snapper (Lutjanus russellii) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf die Persiese Golf tot by Durban. In Engels staan die vis bekend as Russel's snapper.

Russell se snapper
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Familie:
Genus:
(Bloch, 1790)[1]
Spesie:
L. russellii
Binomiale naam
Lutjanus russellii
(Bleeker, 1849)[2]
Sinonieme
  • Lutianus nishikawae (Smith & Pope, 1906)[3]

Voorkoms

wysig

Die vis is geelbruin aan die bokant en geel of pienk aan die onderkant. Daar is 'n ovaalvormige swart kol op die lyf net bo die sylyn en onder die agterste gedeelte van die dorsale vin. Daar is 7-8 goudbruin horisontale strepe oor die lyf vanaf die kop tot voor die basis van die stertvin. Die vis word tot 45 cm lank.

Habitat

wysig

Die vis leef in koraal- en rotsriwwe in water wat 3–80 m diep is. Die onvolwasse vissies leef in getypoele en wortelboom areas. Hulle vreet skaaldiere, hoofsaaklik krappe. Hulle leef in klein skole en broei gedurende die somer. Die vis kan oorleef in groot akwariums.

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. Bloch M. E., 1790. Naturgeschichte der ausländischen Fische. Berlyn. Naturg. Ausl. Fische v. 4. i-xii + 1-128.
  2. BioLib (en)
  3. Catalogue of Life[dooie skakel] (en)

Eksterne skakel

wysig