Ash-Shams
Ash-Shams (Arabies: الشمس, "Die Son") is die 91ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 15 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.
الشمس Soera 91 van die Koran | ||
Klassifikasie | Mekkaans | |
In Arabies | Ash-Shams | |
Transliterasie | Asj-Sjams | |
In Afrikaans | "Die Son" | |
Deel | 30 | |
Ajat | 15 | |
Opsomming
wysigDie naam van die soera kom uit vers 1. Die hoofstuk begin met 'n eed op verskeie sterrekundige verskynsels, waarvan die eerste die son is, gevolg deur die maan, dag en ander skeppings.
Dit beskryf die lot van Thamoed, 'n voorheen vooruitstrewende Arabiese stam. Die profeet Salieg het hulle gevra om in God se naam 'n sekere kameelkoei, of kamelin, te laat drink.[1] Hulle was egter ongehoorsaam en het die kamelin doodgemaak. God het hulle almal verdelg, buiten dié wat Salieg gevolg het.
Verwysings
wysig- ↑ Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications. ISBN 978-0-620-60451-2
Skakels
wysig- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
Vorige soera: Al-Fajr |
Die Koran | Volgende soera: Al-Layl |
Soera Ash-Shams | ||
---|---|---|
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 |