Sterretjie-drakie
Die Sterretjie-drakie (Synchiropus stellatus) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by die Protea-bank in die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Starry dragonet.
Sterretjie-drakie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. stellatus
|
Binomiale naam | |
Synchiropus stellatus Smith, 1963
| |
Sinonieme | |
|
Voorkoms
wysigDie vis het twee dorsale vinne, die eerste met vier lang strale. Die bekken vinne is groot. Die lyf is bleek wit en met 'n pienk of ougoud skynsel. Daar is ry vlekke op die middel van die lyf met 'n ry klein rooi kolletjies onder die vlekke. Die vis word tot 7.5 cm lank.
Habitat
wysigDie vis leef naby koraalriwwe op sanderige bodems in water wat nie dieper as 40 m is nie in groot groepe.
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7