2013 Kanadese Grand Prix
Die 2013 Formule Een Kanadese Grand Prix is op 9 Junie 2013 op die Gilles Villeneuve-renbaan in Montreal, Kanada gehou. Dit was die sewende wedren van die kampioenskapseisoen en is deur Sebastian Vettel in sy Red Bull-Renault gewen.
Kwalifisering
wysigDie voorste wegspringplek het aan Red Bullrenjaer Sebastian Vettel behoort, sy derde vir die jaar.[1] Die Mercedes van Lewis Hamilton staan langs hom op die eerste ry. Valtteri Bottas het vir 'n verrassing gesorg deur in sy debuutseisoen sy Williams in die derde plek te plaas, wel vóór die Mercedes van Nico Rosberg en die Red Bull van Mark Webber. Fernando Alonso kwalifiseer vir Ferrari in die sesde plek, net voor die Toro Rosso van Jean-Éric Vergne wat met 'n sewende plek sy beste kwalifisering ooit behaal het. Adrian Sutil se Force India is in die agtste plek en die top 10 word deur die Lotus van Kimi Räikkönen en die Toro Rosso van Daniel Ricciardo voltooi.
Felipe Massa se ongeluk in sy Ferrari het die enigste rooi vlag van kwalifisering tot gevolg gehad. Slegs twee minute voor die einde van die 2de sessie bots hy sywaarts in die bandstapel van draai 3. Dit was die derde keer in twee weke dat Massa betrokke is by 'n eensydige botsing.[2] As gevolg hiervan staan die ander motors drie rye agtermekaar en wag dat die baan weer oopgestel word. Räikkönen en Ricciardo is hiervoor gestraf omdat hulle volgens die wedrenbeheer nie korrek opgestel het nie. Beide bestuurders is twee plekke teruggeskuif op die rooster en spring daarna vanaf die tiende en elfde posisie weg.[3]
Ook Lotus-renjaer Romain Grosjean is tien plekke gestraf weens 'n fout in die vorige wedren, die Grand Prix Formule 1 van Monaco.[4] Hy het by die tonnel se uitgang sy rempunt gemis en agter in die motor van Daniel Ricciardo vasgejaag.
Pos | No | Renjaer | Vervaardiger | K1 | K2 | K3 | Rooster |
---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | 1 | Sebastian Vettel | Red Bull Racing-Renault | 1:22.318 | 1:28.166 | 1:25.425 | 1 |
2 | 10 | Lewis Hamilton | Mercedes | 1:23.801 | 1:27.649 | 1:25.512 | 2 |
3 | 17 | Valtteri Bottas | Williams-Renault | 1:23.446 | 1:28.419 | 1:25.897 | 3 |
4 | 9 | Nico Rosberg | Mercedes | 1:23.840 | 1:28.420 | 1:26.008 | 4 |
5 | 2 | Mark Webber | Red Bull Racing-Renault | 1:23.247 | 1:28.145 | 1:26.208 | 5 |
6 | 3 | Fernando Alonso | Ferrari | 1:23.224 | 1:28.788 | 1:26.504 | 6 |
7 | 18 | Jean-Éric Vergne | Scuderia Toro Rosso-Ferrari | 1:24.159 | 1:28.527 | 1:26.543 | 7 |
8 | 15 | Adrian Sutil | Force India-Mercedes | 1:24.551 | 1:28.799 | 1:27.348 | 8 |
9 | 7 | Kimi Räikkönen | Lotus-Renault | 1:24.451 | 1:28.667 | 1:27.432 | 10[3] |
10 | 19 | Daniel Ricciardo | Toro Rosso-Ferrari | 1:24.770 | 1:29.359 | 1:27.946 | 11[3] |
11 | 11 | Nico Hülkenberg | Sauber-Ferrari | 1:23.899 | 1:29.435 | 9 | |
12 | 6 | Sergio Pérez | McLaren-Mercedes | 1:24.176 | 1:29.761 | 12 | |
13 | 16 | Pastor Maldonado | Williams-Renault | 1:24.776 | 1:29.917 | 13 | |
14 | 5 | Jenson Button | McLaren-Mercedes | 1:24.021 | 1:30.068 | 14 | |
15 | 12 | Esteban Gutiérrez | Sauber-Ferrari | 1:24.408 | 1:30.315 | 15 | |
16 | 4 | Felipe Massa | Ferrari | 1:23.735 | 1:30.354 | 16 | |
17 | 14 | Paul di Resta | Force India-Mercedes | 1:24.908 | 17 | ||
18 | 20 | Charles Pic | Caterham-Renault | 1:25.626 | 18 | ||
19 | 8 | Romain Grosjean | Lotus-Renault | 1:25.716 | 22[4] | ||
20 | 22 | Jules Bianchi | Marussia-Cosworth | 1:26.508 | 19 | ||
21 | 23 | Max Chilton | Marussia-Cosworth | 1:27.062 | 20 | ||
22 | 21 | Giedo van der Garde | Caterham-Renault | 1:27.110 | 21 | ||
107% tyd: 1:28.080 |
Renuitslag
wysigNá hy voor kon wegspring, wen Sebastian Vettel ook die wedren, sy derde oorwinning van die seisoen.[5] Fernando Alonso was tweede deur in die slotfase Lewis Hamilton in te haal. Hamilton eindig derde met Webber en Rosberg in die vierde en vyfde plekke. Jean-Éric Vergne behaal met 'n sesde plek sy beste uitslag ooit in 'n Formule 1-wedren, en Paul di Resta het danksy goeie strategie sewende geëindig nadat hy in die sewentiende plek weggespring het. Kimi Räikkönen eindig negende, sy 24ste wedren opeenvolgend in die punte, en ewenaar daarmee Michael Schumacher se rekord. Die laaste punt behoort aan Adrian Sutil, wat tydens die wedren met 'n deurry gestraf is, nadat hy die blou vlae geïgnoreer het.
Pos | No | Bestuurder | Span | Rondtes | Tyd | Rooster | Punte |
---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | 1 | Sebastian Vettel | Red Bull-Renault | 70 | 1:32:09.143 | 1 | 25 |
2 | 3 | Fernando Alonso | Ferrari | 70 | +14.408 | 6 | 18 |
3 | 10 | Lewis Hamilton | Mercedes | 70 | +15.942 | 2 | 15 |
4 | 2 | Mark Webber | Red Bull-Renault | 70 | +25.731 | 5 | 12 |
5 | 9 | Nico Rosberg | Mercedes | 70 | +1:09.725 | 4 | 10 |
6 | 18 | Jean-Éric Vergne | Scuderia Toro Rosso-Ferrari | 69 | +1 rondte | 7 | 8 |
7 | 14 | Paul di Resta | Force India-Mercedes | 69 | +1 rondte | 17 | 6 |
8 | 4 | Felipe Massa | Ferrari | 69 | +1 rondte | 16 | 4 |
9 | 7 | Kimi Räikkönen | Lotus-Renault | 6 | +1 rondte | 10 | 2 |
10 | 15 | Adrian Sutil | Force India-Mercedes | 69 | +1 rondte | 8 | 1 |
11 | 6 | Sergio Pérez | McLaren-Mercedes | 69 | +1 rondte | 12 | |
12 | 5 | Jenson Button | McLaren-Mercedes | 69 | +1 rondte | 14 | |
13 | 8 | Romain Grosjean | Lotus-Renault | 69 | +1 rondte | 22 | |
14 | 17 | Valtteri Bottas | Williams-Renault | 69 | +1 rondte | 3 | |
15 | 19 | Daniel Ricciardo | Scuderia Toro Rosso-Ferrari | 68 | +2 rondtes | 11 | |
16 | 16 | Pastor Maldonado | Williams-Renault | 68 | +2 rondtes | 13 | |
17 | 22 | Jules Bianchi | Marussia-Cosworth | 68 | +2 rondtes | 20 | |
18 | 20 | Charles Pic | Caterham-Renault | 67 | +3 rondtes | 18 | |
19 | 23 | Max Chilton | Marussia-Cosworth | 67 | +3 rondtes | 20 | |
20 | 12 | Esteban Gutiérrez | Sauber-Ferrari | 63 | Ongeluk | 15 | |
DNF | 11 | Nico Hülkenberg | Sauber-Ferrari | 45 | Ongelukskade | 9 | |
DNF | 21 | Giedo van der Garde | Caterham-Renault | 43 | Ongeluk | 21 |