Besemtrosvy
Die besemtrosvy (Ficus sur) - voorheen bekend as Ficus capensis - is 'n boom wat groot en spreidend kan word. In Suid-Afrika is die boom inheems in KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Oos-Kaap en die Wes-Kaap. Dit word aangetref kuslangs vanaf die Tsitsikamma, deur KwaZulu-Natal, Eswatini, die laeveld tot in Zimbabwe. Buite Suid-Afrika is die spesie inheems in Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eritrea, Ethiopië, Eswatini, Gaboen, Gambië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Gulf of Guinea Is., Ivoorkus, Jemen, Kaap Verde, Kameroen, Kenia, Liberië, Malawi, Mali, Mosambiek, Namibië, Nigerië, Republiek die Kongo, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Soedan, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Besemtrosvy | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | F. sur
|
Binomiale naam | |
Ficus sur Forssk., (1775)
| |
Verspreiding van F. sur |
Die vye word 3 tot 4 cm in deursnee en is pienk, gespikkeld rooi wanneer hulle ryp is. Die vrugte word in swaar trosse op en naby die stam aan die onderste takke gedra. Die vye kan gebruik word om konfyt mee te maak. Die blare is glad en het onreëlmatige geskulpte rande. In Engels staan die boom bekend as die Broom cluster fig. Die boom se FSA-nommer is 50.[1]
Sien ook
wysigVerwysings
wysigBronne
wysig- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World ONline
Eksterne Skakel
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Besemtrosvy.