Bontpalings
Die Bontpalings (Muraenidae) is 'n visfamilie wat aan die orde Anguilliformes behoort. Die familie bevat 15 genera met minstens 200 spesies. Sewe-en-dertig van die spesies word aan die Suid-Afrikaanse kus aangetref.
Muraenidae | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Muraenidae
|
Genera | |
Sien teks. |
Agtergrond
wysigBontpalings word tussen 25 cm en 3,8 m lank. Hulle het geen skubbe of pektorale vinne nie en die dorsale vin begin normaalweg by die kieue-opening en strek tot by die stert. Alhoewel navorsing oor hulle voortplanting gebrekkig is, is dit egter bevestig dat party spesies hermafrodieties is.
Genera
wysigDie volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Gymnothorax breedeni – Swartwang-bontpaling
- Gymnothorax chilospilus – Witlip-bontpaling
- Gymnothorax eurostus – Sout-en-peper bontpaling
- Gymnothorax favagineus – Heuningkoekbontpaling
- Gymnothorax flavimarginatus – Geelrant-bontpaling
- Gymnothorax griseus – Geometriese bontpaling
- Gymnothorax javanicus – Reusebontpaling
- Gymnothorax meleagris – Tarentaal-bontpaling
- Gymnothorax nudivomer – Sterretjies-bontpaling
- Gymnothorax pictus – Verfspikkel-bontpaling
- Gymnothorax undulatus – Luiperd-bontpaling
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7