Hallo Bondeldraer, hartlik welkom op die Afrikaanse Wikipedia! Message in English Bericht in het Nederlands
Dankie vir jou belangstelling in Wikipedia. Ons werk hier aan die ideaal van ’n gratis en vrylik beskikbare, vrylik bewerkbare, neutrale en volledige ensiklopedie.
Die Afrikaanse Wikipedia bestaan al sedert Desember 2001 en bevat reeds 119 532 artikels. Vanaf die begin van die projek het die gebruikers ’n aantal riglyne en uitgangspunte vir artikelbewerking en onderlinge samewerking opgestel. Nuwelinge kan hieruit voordeel trek. Jy mag dit behulpsaam vind om van die skakels in hierdie raampie te volg en met die projek vertroud te raak voordat jy begin bydra. Indien jou vingers jeuk om te eksperimenteer, kan jy gerus ons Sandput besoek: dit is juis vir die rede daar. Uiteindelik wil ons dat al ons gebruikers vry voel om hulle gang te gaan, maar dit doen natuurlik geen kwaad om ’n bietjie houvas te kry voor 'n mens in die diep kant in spring nie! Besoek gerus ook ons Geselshoekie, ons gebruikers staan gereed om hand by te sit, of bloot net hand te skud.
Verifieerbaarheid
Die eerste van Wikipedia se drie kernbeleide
Geselshoekie
Die gewilde bymekaarkomplek
Geen oorspronklike navorsing
Die tweede van Wikipedia se drie kernbeleide
Sandput
Eksperimenteer na hartelus
Neutrale standpunt
Die derde van Wikipedia se drie kernbeleide
Redigeringsinstruksies
Hoe maak ek: teks wat skuinsgedruk is? ’n opskrif? tabelle?
Wat Wikipedia nie is nie
Daar is ook ’n paar dinge wat ons nié hier doen nie
Beelde
As jy beelde wil oplaai
Beleefdheid
Ken jou maniere
Wenke vir die skryf van ’n goeie artikel
Soms sê die naam alles

Hierdie bladsy, wat nou op jou skerm vertoon word, is trouens jou persoonlike besprekingsbladsy. Die plek waar ander Wikipediane jou in die toekoms kan kontak en jy hulle dan kan beantwoord. Elke gebruiker het so ’n bladsy. Jy kan dus ook boodskappe op ander gebruikers se besprekingsbladsye los. Sluit boodskappe en besprekings altyd af met ~~~~ of deur op die handtekeningknop in die wysigingsvenster te kliek: sodoende word jou boodskap onderteken met jou gebruikersnaam en die datum en tyd waarop die boodskap gestuur is. Kliek dan laastens op "Publiseer wysigings" om enige bewerkings te stoor.

Oesjaar (kontak) 18:24, 4 Julie 2023 (UTC)Beantwoord

Waar bly jy?

wysig

Waar bly jy? Altyd goed om te weet. Groete! Oesjaar (kontak) 18:27, 4 Julie 2023 (UTC)Beantwoord

Ek woon in Israel. Dis goed om jou te ken! Bondeldraer (kontak) 18:39, 4 Julie 2023 (UTC)Beantwoord
Baie welkom Bondeldraer! Bly om jou hier te sien, sterkte met die skryfwerk.   Aliwal2012 19:06, 4 Julie 2023 (UTC)Beantwoord
Moenie skaam wees om vrae te vra nie. Groete! Oesjaar (kontak) 19:19, 4 Julie 2023 (UTC)Beantwoord
Baie dankie! Bondeldraer (kontak) 19:19, 4 Julie 2023 (UTC)Beantwoord
Jy leer Afrikaans baie mooi! ~ Burgert (kontak) 19:22, 12 Julie 2023 (UTC)Beantwoord
Lekker om dit te hoor! Dis nie vir my so moeilik nie, want ek het grootgeword met 'n mengsel van Duits en Jiddisj as my tweede huistaal. Die Germaanse tale het baie ooreenkomste :) Bondeldraer (kontak) 19:49, 12 Julie 2023 (UTC)Beantwoord

Приволжье?

wysig

Hallo, kan jy asseblief vir my sê wat die naam Priwolzjje in Russies is? Is dit soos hier bo? Ek wil net die spelling regmaak, want die twee j's lyk verkeerd. Ek kry net die volle naam, Приволжский район. Dankie. ~ Burgert (kontak) 11:29, 19 Julie 2023 (UTC)Beantwoord

Haai, ja, jy het reg geraai. Приволжский is die byvoeglike vorm van Приволжье. Hoe translitereer ons die Russiese [ʐj] kombinasie? Lyk Priwolzje of Priwolzjie beter? Bondeldraer (kontak) 12:11, 19 Julie 2023 (UTC)Beantwoord
Ek sou sê Priwolzje, want Priwolzjie skep weer 'n ander probleem met die woord wat op -ie eindig. ~ Burgert (kontak) 19:58, 19 Julie 2023 (UTC)Beantwoord
OK, dankie! Ek het die spelling na Priwolzje verander op alle bladsye waar ek die rajon se naam gebruik het. Bondeldraer (kontak) 22:25, 19 Julie 2023 (UTC)Beantwoord

Tikfoute in titels

wysig

Hallo @Bondeldraer, baie dankie vir al jou bydraes hier! Ek sien daar was 'n paar artikels wat jy geskep het met tikfoute in die titels. Jy het toe nuwe artikels geskep met die korrekte titels, en gevra om die ou artikels te skrap. Ek het nou die geskrap wat ek gevind het.

Maar daar is 'n beter manier as jy per ongeluk 'n bladsy geskep het met 'n verkeerde titel. In die "Gereedskap" kieslys is daar 'n opsie met die naam "Skuif". Jy kan dit gebruik om die titel van 'n artikel te verander, sonder om die inhoud te verloor. - Rooiratel (kontak) 15:25, 20 Augustus 2023 (UTC)Beantwoord

Hallo en dankie vir jou raad! Ek weet van die "Skuif"-opsie en het dit gebruik om nuwe artikels met korrekte titels te skep, maar dit het nie die ou bladsye met verkeerde titels verwyder nie. Hulle is outomaties vervang met aanstuurbladsye en dis hoekom ek die "Skrap"-sjabloon handmatig moes byvoeg. Bondeldraer (kontak) 16:25, 20 Augustus 2023 (UTC)Beantwoord
Ah! Nou verstaan ek wat gebeur het. As jy op die "Skuif" bladsy is, is daar 'n opsie "Los 'n aanstuur agter". Maak seker dit is nie gemerk nie. Dan sal daar geen aanstuur bladsy wees om te skrap nie. - Rooiratel (kontak) 16:32, 20 Augustus 2023 (UTC)Beantwoord
Ek sien nie hierdie opsie nie. Miskien is dit nie vir my beskikbaar nie, want ek is nie 'n moderator nie? Bondeldraer (kontak) 16:41, 20 Augustus 2023 (UTC)Beantwoord
Dit is vreemd. Ek weet nie hoekom nie. As jy weer 'n bladsy moet skuif sonder om 'n aanstuur bladsy agter te los, laat weet me asb. en ek sal sien of ek dit kan reg maak. - Rooiratel (kontak) 16:57, 20 Augustus 2023 (UTC)Beantwoord
Hi Rooiratel en Bondeldraer, "skuif sonder om 'n aanstuur te laat" is slegs beskikbaar vir admins. Groete, --  Aliwal2012 17:18, 20 Augustus 2023 (UTC)Beantwoord
OK, dankie! Bondeldraer (kontak) 17:10, 20 Augustus 2023 (UTC)Beantwoord
Dis goed om te weet. Dankie @Aliwal2012.
@Bondeldraer vra maar vir my of een van die ander admins in die toekoms. - Rooiratel (kontak) 18:05, 20 Augustus 2023 (UTC)Beantwoord