Hallo Swerfvalk, hartlik welkom op die Afrikaanse Wikipedia! Message in English Bericht in het Nederlands
Dankie vir jou belangstelling in Wikipedia. Ons werk hier aan die ideaal van ’n gratis en vrylik beskikbare, vrylik bewerkbare, neutrale en volledige ensiklopedie.
Die Afrikaanse Wikipedia bestaan al sedert Desember 2001 en bevat reeds 120 872 artikels. Vanaf die begin van die projek het die gebruikers ’n aantal riglyne en uitgangspunte vir artikelbewerking en onderlinge samewerking opgestel. Nuwelinge kan hieruit voordeel trek. Jy mag dit behulpsaam vind om van die skakels in hierdie raampie te volg en met die projek vertroud te raak voordat jy begin bydra. Indien jou vingers jeuk om te eksperimenteer, kan jy gerus ons Sandput besoek: dit is juis vir die rede daar. Uiteindelik wil ons dat al ons gebruikers vry voel om hulle gang te gaan, maar dit doen natuurlik geen kwaad om ’n bietjie houvas te kry voor 'n mens in die diep kant in spring nie! Besoek gerus ook ons Geselshoekie, ons gebruikers staan gereed om hand by te sit, of bloot net hand te skud.
Verifieerbaarheid
Die eerste van Wikipedia se drie kernbeleide
Geselshoekie
Die gewilde bymekaarkomplek
Geen oorspronklike navorsing
Die tweede van Wikipedia se drie kernbeleide
Sandput
Eksperimenteer na hartelus
Neutrale standpunt
Die derde van Wikipedia se drie kernbeleide
Redigeringsinstruksies
Hoe maak ek: teks wat skuinsgedruk is? ’n opskrif? tabelle?
Wat Wikipedia nie is nie
Daar is ook ’n paar dinge wat ons nié hier doen nie
Beelde
As jy beelde wil oplaai
Beleefdheid
Ken jou maniere
Wenke vir die skryf van ’n goeie artikel
Soms sê die naam alles

Hierdie bladsy, wat nou op jou skerm vertoon word, is trouens jou persoonlike besprekingsbladsy. Die plek waar ander Wikipediane jou in die toekoms kan kontak en jy hulle dan kan beantwoord. Elke gebruiker het so ’n bladsy. Jy kan dus ook boodskappe op ander gebruikers se besprekingsbladsye los. Sluit boodskappe en besprekings altyd af met ~~~~ of deur op die handtekeningknop in die wysigingsvenster te kliek: sodoende word jou boodskap onderteken met jou gebruikersnaam en die datum en tyd waarop die boodskap gestuur is. Kliek dan laastens op "Publiseer wysigings" om enige bewerkings te stoor.

Jcwf (kontak) 16:32, 11 Mei 2011 (UTC) Ek hou baie van jou valk artikels! Ek hoop jy maak die hele reeks klaar! Groete Oesjaar (kontak) 15:03, 12 November 2012 (UTC)Beantwoord

En ek stem saam. Dankie vir die lekker lees. Groete. Anoniem
Wenk, Voorkoms klink beter as Beskrywing. Groete. Oesjaar
Dankie vir almal se ondersteuning. Ek kry nie veel tyd om op wikipedia te spandeer nie. Ek hoop om oor tyd beter te word en het baie respek vir julle manne wat aanmekaar artikels byvoeg. Dankie vir die wenke Swerfvalk (kontak)

Kernartikels

wysig

Dankie vir al die kernartikels was jy skep. Dit maak 'n reuse verskil. Groete. Anoniem

Die artikel lees lekkerder na jou redigering, maar ons het bietjie van die tegniese betekenis verloor. Om 'n paar uit te wys:

  • "Sonnedag" na "Son-dag" gewysig, sien bespreking by Bespreking:Sekonde.
  • "'n Ander metode van meting van 'n daglengte." Ongelukkig nie meer die waarheid nie! Miskien nou 'n naglengte?
  • Skynbare beweging wat nou 'n (werklike?) beweging geword het.
  • "Op Aarde duur die gemiddelde sinodiese dag 24 uur." Gemiddeld? Nooi! Dis konstant en presies 24 uur.

Ensovoorts

Dankie vir terugvoer. Ek stem nie met al die tegniese verskille saam nie.

  • Die debat oor "son-dag" en "sonnedag" is waarskynlik onnodig aangesien wetenskaplike literatuur konsekwent van sinodiese dag praat
  • Of die term "dag" na 24uur of na ligdag verwys is seker open vir debat. Jy is welkom om jou eie mening te hê oor die interpretasie van "daglengte".
  • Die term "skynbaar" verwys na iets wat nie werklik is nie maar wat so lyk. Die son beweeg werklik.
  • Die sinodiese dag gemeet van sonsopkoms tot sonsopkoms is nooit 24uur nie. Lees gerus wetenskaplike literatuur oor die berekening van 'n sinodiese dag.

Jy is welkom om die artikel weer "tegnies" betekenisvol te maak.

Maak maar reg...

wysig

Jy moet maar regmaak waar ek brou, ek is 'n leek op die gebied van voëls. Oesjaar (kontak) 20:36, 29 Januarie 2013 (UTC)Beantwoord

SARugby se webblad gee "error 404"

wysig

Hallo Swerfvalk!

Ek ondervind 'n probleem om SARugby by www.sarugby.co.za te laai, dit gee "error 404". Weet jy dalk of hulle doodgeloop het?

Groete, --Aliwal2012 (kontak) 13:17, 27 Julie 2019 (UTC)Beantwoord