Philipstown
Philipstown is 'n dorp in die Bo-Karoo in die Suid-Afrikaanse provinsie Noord-Kaap, sowat 56 km noordoos van De Aar.
Philipstown | |
---|---|
Koördinate: 30°26′3″S 24°28′26″O / 30.43417°S 24.47389°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Pixley ka Seme |
Munisipaliteit | Renosterberg |
Stigting | 1863 |
Oppervlak | |
• Totaal | 44,12 km2 (17,03 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 3 365 |
• Digtheid | 76/km2 (200/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 4.5% |
• Indiërs/Asiërs | 0.4% |
• Bruin mense | 58.5% |
• Swart mense | 36.3% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 70.2% |
• Xhosa | 27.0% |
• Ander | 2.8% |
Poskode (strate) | 8795 |
Poskode (posbusse) | 8795 |
Die dorp is in Mei 1863 aangelê op die plaas Rietfontein as 'n kerksentrum en word in Augustus 1876 'n munisipaliteit. Die dorp lyk vandag nog min of meer soos destyds. Dit is genoem na sir Philip Wodehouse, goewerneur van die Kaapkolonie van 1861 tot 1870. Heelwat van die geboue op die dorp dagteken van die eerste dekade of wat na sy stigting, waaronder die oorspronklike sandsteenkerk en pastorie, wat vandag nog gebruik word.
Die omgewing is redelik vrugbaar en landbouprodusente boer veral met merino's. Rondom Philipstown is koppies met eienaardige vorms.
NG gemeente
wysig- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: NG gemeente Philipstown.
Die gemeente is op 8 Februarie 1873 in die Ring van Graaff-Reinet afgestig met ds. A.D. Lückhoff van Colesberg as eerste konsulent. Die eerste leraar, ds. J.P. Jordaan, is eers drie jaar later op 10 Januarie 1876 bevestig. Dit was in sy opvolger, ds. P. du Toit (1879 tot '93) se dienstydperk dat die huidige kerkgebou teen 'n koste van £5 443 in gebruik geneem is. Ná di. S.W. Louw (1893 tot 1903), D.J. van Velden (1903 tot '07) en D. Lategan (1908 tot '21), is die vyfde leraar, ds. P.J.A. de Villiers, die predikant van 1922 tot 1927. In sy dienstyd neem die gemeente die huidige pastorie in gebruik wat teen 'n koste van £3 300 gebou is.
In 1952 berig Ons gemeentelike feesalbum: "Dit is 'n klein en tipiese gemeente met 'n besonder welvarende boerderygemeenskap."
Lidmaattalle
wysigJaarboeke van die NG Kerke getuig ook hier van die voortgesette ontvolking van die platteland. In 1933, toe ds. J. Conradie die leraar was, was hier 'n volle 504 lidmate. In 1979 was die leraar ds. A.S. Erasmus en die lidmate amper die helfte minder, naamlik 265. Teen 1979, toe die gemeente vakant was, was hier 230 lidmate. In 2000 was ds. U.P. Malherbe die leraar en die lidmaattal 188. Uiteindelik in 2010, toe ds. Malherbe steeds die leraar was, was die lidmaattal 162, darem 'n volle 22 meer as in 2008.
Bekende boorlinge
wysig- I.D. du Plessis,[2] Afrikaanse digter
- G.D. Scholtz[3], Historikus, joernalis en skrywer
Sien ook
wysigBronne
wysig- Bulpin, T.V., 2001. Discovering Southern Africa. Cape Town: Discovering Southern Africa Publications cc.
- Dreyer, eerw. A. 1932, Jaarboek van die Nederduits-Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1933, Kaapstad: Jaarboek-Kommissie van die Raad van die Kerke.
- Gaum, dr. Frits (red.), 1989. Jaarboek van die Nederduitse Gereformeerde Kerke 1990. Pretoria: Tydskriftemaatskappy van die Nederduitse Gereformeerde Kerk.
- Maree, W.L. (red.), 1978. Jaarboek van die Nederduitse Gereformeerde Kerke 1979. Johannesburg: Tydskriftemaatskappy van die Nederduitse Gereformeerde Kerk.
- Olivier, ds. P.L. (samesteller), 1952. Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.
- Rosenthal, Eric, 1978. Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town and Johannesburg: Juta and Company Limited.
- Raper, P.E., 1987. A Dictionary of South African Place Names. Johannesburg: Lowry Publishers.
- Small, Mario (samesteller), 2009. Jaarboek van die Nederduitse Gerefromeerde Kerke 2010. Wellington: Tydskriftemaatskappy.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Philipstown". Sensus 2011.
- ↑ ID du Plessis se lewensverhaal. URL besoek op 4 Februarie 2014
- ↑ Profiel op geslagregisters.com, besoek op 30 Oktober 2022
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Philipstown. |
- Volledige gemeentegeskiedenis op Noord-Kaapse Sinode-webwerf[dooie skakel].