Vrystaatstadion

stadion

Die Vrystaatstadion (tans bekend as die Toyotastadion en vroeër bekend as Vodacompark weens borgskapredes) is ’n sportstadion in Bloemfontein wat vir rugby en sokker gebruik word. Dit bied sitplek aan 48 000 toeskouers. Dié stadion is in 2009 opgradeer met die oog op die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 en die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 in Suid-Afrika. Tydens die Rugbywêreldbeker 1995 en die Afrikanasiesbeker 1996 is hier ook wedstryde aangebied.

Vrystaatstadion
Buiteaansig van die Vrystaatstadion

Volle naam Toyotastadion
Ligging Bloemfontein, Suid-Afrika
Koördinate 29°07′02.25″S 26°12′31.85″O / 29.1172917°S 26.2088472°O / -29.1172917; 26.2088472
Eienaar Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit
Kapasiteit 46 000[1]
Oppervlak Gras
Konstruksie
Gebou 1995
Geopen 1995
Renovasie 2008
Uitgebrei 2007
Boukoste R245 miljoen
Huurders
Cheetahs (Verenigde Rugbykampioenskap)
Vrystaat Cheetahs (Curriebeker)
Bloemfontein Celtic (PSL)
'n Pawiljoen van die Vrystaatstadion

Die Vrystaatstadion is/was die tuisveld van die volgende spanne:

’n Nuwe hoofpawiljoen is aan die westekant van die stadion teen nagenoeg R40,8 miljoen gebou. In 1985 het omvangryke verbeteringe aan die pawiljoen sowat R3,84 miljoen beloop. Die spreiligte is tot 1 500 lux (ligeenheid) verbeter en die stadion is ook toegerus met ’n noodkragopwekker.

Wedstryde

wysig

Rugbywêreldbeker 1995

wysig
Datum Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
27 Mei 1995   Japan 10–57   Wallis Groep C 12 000
31 Mei 1995    Ierland 50–28   Japan Groep C 15 000
4 Junie 1995   Japan 17–145   Nieu-Seeland Groep C 17 000

Afrikanasiesbeker 1996

wysig
Datum Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
14 Januarie 1996   Zambië 0–0   Algerië Groep B 9 000
15 Januarie 1996   Sierra Leone 2–1   Burkina Faso Groep B 1 500
18 Januarie 1996   Algerië 2–0   Sierra Leone Groep B 1 500
20 Januarie 1996   Zambië 5–1   Burkina Faso Groep B 2 000
24 Januarie 1996   Zambië 4–0   Sierra Leone Groep B 200
25 Januarie 1996   Ghana 2–0   Mosambiek Groep D 3 500
27 Januarie 1996   Zambië 3–1   Egipte Kwarteindrondte 8 500

FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009

wysig
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
15 Junie 2009 16:00   Brasilië 4–3   Egipte Groep B 27 851
17 Junie 2009 16:00   Spanje 1–0   Irak Groep A 30 512
20 Junie 2009 20:30   Spanje 2–0   Suid-Afrika Groep A 38 212
24 Junie 2009 20:30   Spanje 0–2   Verenigde State Halfeindrondte 35 369

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010

wysig
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
14 Junie 2010 16:00   Japan 1–0   Kameroen Groep E 30 620
17 Junie 2010 16:00   Griekeland 2–1   Nigerië Groep B 31 593
20 Junie 2010 13:30   Slowakye 0–2   Paraguay Groep F 26 643
22 Junie 2010 16:00   Frankryk 1–2   Suid-Afrika Groep A 39 415
25 Junie 2010 20:30   Switserland 0–0   Honduras Groep H 28 042
27 Junie 2010 16:00   Duitsland 4–1   Engeland Agtste eindrondte 40 510

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig

Eksterne skakels

wysig