Poeierbaskatjiepiering

(Aangestuur vanaf Gardenia ternifolia)

Die poeierbaskatjiepiering (Gardenia ternifolia) is 'n meerstammige struik of klein boompie wat voorkom in die noordooste van Limpopo tot ver noord in Afrika. Buite Suid-Afrika is die plant inheems in Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Ethiopië, Gaboen, Gambië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Malawi, Mali, Mosambiek, Namibië, Nigerië, Republiek die Kongo, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Soedan, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.

Poeierbaskatjiepiering
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
G. ternifolia
Binomiale naam
Gardenia ternifolia
Schumach. & Thonn., (1827)

Die boom groei in ruigtes, bosveld, oewerbos of droë woud. Die bas is glad en poeierig en kan afvryf. Dit skilfer ook af, in ronderige stukkies.

'n Poeierbaskatjiepiering in Kirstenbosch.

Die spesie het drie subspesies:

  • Gardenia ternifolia var. goetzei (Stapf & Hutch.) Verdc.
  • Gardenia ternifolia subsp. jovis-tonantis (Welw.) Verdc.
  • Gardenia ternifolia subsp. ternifolia

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig

Bronne

wysig

Eksterne skakels

wysig