Worsboom
Die worsboom (Kigelia) is 'n genus van angiosperms (blommende plante) in die familie Bignoniaceae. Die genus bestaan uit slegs een spesie, Kigelia africana en dit is dus 'n monotipiese takson. Dit kom reg deur tropiese Afrika voor, van Eritrea en Tsjad tot in die noordelike Suid-Afrika en van Senegal in die noordweste tot in Namibië in die suidweste. Die boom se FSA-nommer is 678.[1][2]
Worsboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Lamiales |
Familie: | Bignoniaceae |
Genus: | Kigelia |
Spesie: | K. africana
|
Binomiale naam | |
Kigelia africana | |
Sinonieme | |
|
Etimologie
wysigDie boom se genusnaam is afgelei van die Mosambiekse Bantoenaam, kigeli-keia. Die algemene naam is worsboom, of Sausage Tree in Engels, verwysende na vorm van die boom se vrug. Die boom se Arabiese naam verwys na "die pa van groot sakke" (Roodt, 1992). Daar is twee subspesies:
- Kigelia africana subsp. africana
- Kigelia africana subsp. moosa (Sprague) Bidgood & Verdc.
Verspreiding
wysigDie boom is inheems in die volgende lande:Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Gaboen, Gambië, Ghana, Guinee, Golf van Guinee-eilande, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Liberië, Malawi, Mali, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Republiek die Kongo, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Soedan, Somalië, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die boom voor in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga.
Verbouing en gebruike
wysigVrugte van die boom word vir 'n verskeidenheid van tradisionele Afrika-kure aangewend. Daar word geglo dat die vrugte teen rumatiek, slangbyte, bose geeste, sifilis en selfs teen tornado's (Watkins, 1975) werk. 'n Alkoholiese drank soortgelyk aan bier word ook daarvan gemaak. Die vars vrugte is giftig en is 'n sterk purgeermiddel. Die vrugte word gedroog, gebraai of gefermenteer (Joffe 2003; Mc-Burney 2004) om dit vir menslike gebruik voor te berei. In Botswana word die boom se hout vir mokoro's (mekoro), jukke en rieme gebruik (Roodt 1992). Dit word selfs vir 'n aantal velsorg-produkte ingespan.
Die boom word algemeen as 'n sierplant in tropiese gebiede (vir sy dekoratiewe blomme en ongewone vrugte) gekweek. Die plekke waar dit aangeplant word. moet egter met groot omsigtigheid gekies word. As die vrugte val, kan dit ernstige besering veroorsaak en skade aan geparkeerde voertuie onder die bome aanrig.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
- ↑ Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 213. ISBN 978-1-77007-759-1.
Bronne
wysig- del Hoyo, J., Elliott, A., & Sargatal, J., eds. (1997). Handbook of the Birds of the World 4: 415. Lynx Edicions.
- Huxley, A., ed. (1992). Kigelia. In The New RHS Dictionary of Gardening 2: 735. Macmillan.
- Joffe, P. (2003). PlantZAfrica: Kigelia africana Geargiveer 19 April 2010 op Wayback Machine.
- McBurney, R. (2004). African Wild Harvest Geargiveer 23 September 2006 op Wayback Machine. Royal Botanic Gardens, Kew.
- Roodt, Veronica (1992). Kigelia Africana in The Shell Field Guide to the Common Trees of the Okavango Delta and Moremi Game Reserve. Gaborone, Botswana.
- Germplasm Resources Information Network (GRIN): Kigelia africana Geargiveer 17 Februarie 2012 op Wayback Machine.
- Travel Africa: Sausage Tree Geargiveer 22 November 2006 op Wayback Machine.
- Plants of the World Online
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Worsboom.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Worsboom