Maak hoofkeuseskerm oop

In die tydperk dat Suid-Afrika aan die Olimpiese Somer Spele deelgeneem het (1908-1960), is altesaam sestien goue medaljes ingepalm. In die tyd het net agtien lande meer goue medaljes as Suid-Afrika verower.

Inhoud

Goue MedaljesWysig

Die sestien Springbok-Sportsterre het in vyf sportsoorte goue medaljes gewen:

Sport Land Goue Medalje Jaar
  Atletiek   Suid-Afrika Reginald Walker Olimpiese Somerspele 1908Londen, Verenigde Koninkryk
  Suid-Afrika Kenneth McArthur Olimpiese Somerspele 1912Stockholm, Swede
  Suid-Afrika Bevil Rudd Olimpiese Somerspele 1920Antwerpen, België
  Suid-Afrika Syd Atkinson Olimpiese Somerspele 1928Amsterdam, Nederland
  Suid-Afrika Esther Brand Olimpiese Somerspele 1952Helsinki, Finland
  Tennis   Suid-Afrika Charles Winslow 1912
  Suid-Afrika H. A. Kitson 1912
  Suid-Afrika Louis Raymond 1920
  Fietsry   Suid-Afrika Rudolph Lewis 1912
  Boks   Suid-Afrika Clarence Walker 1920
  Suid-Afrika Willie Smith Olimpiese Somerspele 1924Parys, Frankryk
  Suid-Afrika Laurie Stevens Olimpiese Somerspele 1932Los Angeles, Verenigde State
  Suid-Afrika Dave Carstens 1932
  Suid-Afrika Gerald Dreyer Olimpiese Somerspele 1948Londen, Verenigde Koninkryk
  Suid-Afrika George Hunter 1948
  Swem   Suid-Afrika Joan Harrison 1952

Olimpiese roemWysig

Reggie Walker het Suid-Afrika se Olimpiese deelname op 'n glorieryke manier ingewy deur die 100 m te wen. Dit was 'n nuwe Olimpiese rekord toe hy die wenpaal na 10,8 s bereik het. Vir die eerste keer s die belangrike Olimpiese naelloop deur 'n atleet van buite die V.S.A gewen. Ook was dit die eerste keer dat 'n Olimpiese goue medalje teen 'n Springbokwapen gepryk het.

Kenneth McArthur het ook 'n nuwe Olimpiese rekord in die maraton opgestel. Die konstabel van Krugersdorp het die goue medalje voor sy spanmaat Christopher Gitsham, 'n mynwerker van Germiston ingepalm. Dit was 'n trotse dag vir Suid-Afrika met 1ste en 2de plek in die item.

Bevil Rudd het by die Olimpiese Somerspele van 1920 in Antwerpen drie medaljes verwerf. Sy uitsonderlike driekuns het goud in die 400 m naelloop, silwer in die 4 x 400m-aflos en ' n brons in die 800m ingesluit.

Esther Brand se Olimpiese oorwinning is een van die grootste vertonings ooit deur 'n Suid-Afrikaanse sportvrou. Sy het Suid-Afrika se goue medalje-verhaal op 'n hoë noot afgesluit voor wêreldpolitiek die land se deelname beperk het aan die Olimpiese Spele van 1964 tot 1988. Daar was nie 'n goue medalje wenner in 1960 in Rome, by Suid-Afrika se laaste Olimpiese deelname tot 1992 nie.

Sien ookWysig

BronnelysWysig

Kennis, vol 2, bl. 322-323, ISBN 0 7981 0824 X