Die Voëlsitboom (Antidesma venosum) is 'n klein, immergroen boompie wat aan die ooskus van Suid-Afrika, noord van Oos-Londen tot by Mosambiek voorkom. Manlike en vroulike blomme word op verskillende bome geproduseer en het 'n onaangename reuk. Die vrugte kom voor in trossies van ongeveer 10 cm lank. Elke vrug is sowat 8 x 4 mm groot en vlesig. Die vrugte is groen wanneer hulle jonk is en word later helderrooi en uiteindelik perserig-swart.

Voëlsitboom
Antidesma venosum (6694934119).jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
A. venosum
Binomiale naam
Antidesma venosum
E.Mey. ex Tul.
Vrugte van die Voëlsitboom in die Krantzkloof-natuurreservaat.

Sien ookWysig

BronneWysig