Wikipedia:Beeld van die week/2017
Hierdie is die argief van al die beelde wat tydens 2017 as spogbeelde op die voorblad gepryk het.
2017
wysigWeek 1 Die twee RhB-treine ABe 4/4 III 55 "Diavolezza" en 54 "Hakone" kruis die "Am See"-brug met die Regio 1625 na Tirano. Afgeneem naby Ospizio Bernina, Switserland.
Week 2 'n Portret van Benjamin Franklin (1705–1790), skildery deur J. S. Duplessis in 1778.
Week 3 'n Uitsig oor Praag, Tsjeggië se hoofstad en grootste stad, vanaf die ou stadsaal se toring.
Week 4 "Die toring van Babel" deur Pieter Bruegel die Ouere, olie op plank, 1563.
Week 5 Saamgestelde Nasa-satellietbeeld van die Aarde, gebaseer op waarnemings van die matige-resolusie beeldvormende spektroradiometer (MODIS) soos op 11 Julie 2005.
Week 6 'n Volwasse en 'n naby-volwasse grootflamink (Phoenicopterus roseus) in vlug naby Walvisbaai, Namibië.
Week 7 Thich Quang Đức se self-opoffering tydens die Boeddhistiese krisis in Viëtnam, soos fotografeer deur Malcolm Browne op 11 Junie 1963.
Week 8 'n Uitsig oor Melbourne, die hoofstad van die Australiese deelstaat Victoria en die tweede grootste stad in Australië.
Week 9 Die Melkweg in 'n panorama van 360º bo die Paranal-sterrewag in Chili.
Week 10 Trzaska, 'n wapenskild van 'n aantal families szlachta (Poolse adel) ten tye van die Pools-Litause Gemenebes (1569–1795).
Week 11 Jupiter, soos afgeneem deur die ruimtetuig Cassini-Huygens op 9 Desember 2000.
Week 12 Die koninklike Paleis op de Dam in die Nederlandse hoofstad Amsterdam.
Week 13 Die Taagepera-herehuis se hoofgebou in Estland, gebou tussen 1907 en 1912.
Week 14 Die Berlynse Domkerk in die vroeë oggendlig, soos gesien vanaf die ooste.
Week 15 George B. McClellan en George H. Pendleton, die Demokratiese Party se kandidate in die presidensiële verkiesing in die Verenigde State van Amerika van 1864
Week 16 Abraham Lincoln en Andrew Johnson, die Republikeinse Party se kandidate in die presidensiële verkiesing in die Verenigde State van Amerika van 1864.
Week 17 Die bemanning van Apollo 11: Neil Armstrong, Michael Collins en Buzz Aldrin, in 1969.
Week 18
Die voormalige Metropolitan Opera House (39ste St) in New York Stad.
'n Volhuis, van agter in die verhoog gesien, tydens 'n konsert deur die pianis Josef Hofmann op 28 November 1937.
Week 19 Nasa-Satellietbeeld van Madagaskar in September 2003.
Week 20 Jubilee en Munin, twee van die Londense Tower se kraaie, soos op 30 April 2016.
Week 21 Saamgestelde Nasa-Satellietbeeld van Arktika, soos afgeneem op 2 September 2012.
Week 22 Gloeiende edelgasse in glasflessies met lae druk binne, v.l.n.r.: Helium, Neon, Argon, Kripton en Xenon.
Week 23 Die Inka-stad Machu Picchu naby Cusco, Peru, in 2015.
Week 24 In Benin word brandstof hoofsaaklik langs die pad in (hoofsaaklik drank) bottels verkoop.
Week 25 Die Himeji-kasteel is 'n Unesco-wêrelderfenisgebied geleë in Himeji, Hyogo-prefektuur, Japan.
Week 26 Drie Sadhu's op Katmandoe se Durbarplein.
Week 27 Die Sint Joris-kerk van die Tatef-klooster, Syunik-provinsie in Suidoos-Armenië, tydens sonsondergang.
Week 28 Nege- en tienjarige seuns van die waYao-stam in Malawi neem deel aan besnydings- en inisiasierites (Maart 2005).
Week 29 Die oostelike middestad van Berlyn met die Televisietoring van Berlyn, die Berlynse Domkerk en die Brandenburgse Poort, soos gesien vanaf die Siegessäule.
Week 30 ’n Engelstalige topografiese kaart van die Griekse eiland Korfu.
Week 31 Saamgestelde beeld van die sentrale streek van ons Melkweg-sterrestelsel.
Week 32 'n Geelbekneushoringvoël (Tockus leucomelas) in die Sabi Sand-wildreservaat, Suid-Afrika.
Week 33 Die Moskwa-rivier in Moskou, soos op 18 Mei 2017.
Week 34 Die Drie-eenheid-katedraal in Tsjernihif, Oekraïne, met die Desna op die agtergrond.
Week 35 'n Skare Franse patriotte langs Champs-Élysées aanskou die optog van bevryde Franse tenks e.a. pantser van Generaal Leclerc se 2de Pantserdivisie deur die Arc de Triomphe, nadat Parys op 26 Augustus 1944 bevry is.
Week 36 Die toring gas in M16, die Arend-newel.
Week 37 Wolke oor die Filippynse See, soos gesien vanaf die Internasionale Ruimtestasie.
Week 38 'n Uitsig oor Los Angeles in rookmis gehul, soos gesien vanaf die Hollywood Hills. Links is die Griffith-sterrewag.
Week 39 'n Jagluiperdwyfie (Acinonyx jubatus) in die private Wildplaas Phinda, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.
Week 40 Panorama van die Kasteel van Malbork in Pole.
Week 41 Elvis Presley, Delbert "Sonny" West en Jerry Schilling ontmoet die Amerikaanse president Richard Nixon op 21 Desember 1970.
Week 42 'n Groep witrugaasvoëls (Gyps africanus) rus op 'n dooie boom naby die Kwandorivier in Chobe Nasionale Park, Botswana.
Week 43 Die eerste bladsy van die Verenigde State van Amerika se grondwet uit 1787.
Week 44 ’n Franstalige topografiese kaart van die Kanadese provinsie Quebec.
Week 45 The Peacemakers, skildery deur George Peter Alexander Healy (1818–1894) in 1868, olie op doek.
Week 46 Die Isakkatedraal in Sint Petersburg, Rusland, is ’n neoklassieke vertolking van ’n Bisantynse kerk en is deur Auguste de Montferrand ontwerp.
Week 47 Die Internasionale Ruimtestasie, soos gesien vanaf die Ruimtependeltuig Discovery in Augustus 2005.
Week 48 'n Historiese kaart van die Franse hoofstad Parys in 1731.
Week 49 'n Standbeeld van die Hindoegoed Sjiwa, geskep in die Indiese deelstaat Tamil Nadu.
Week 50 Nasa-Satellietbeeld van die Suid-Koreaanse Jeju-eiland, soos op 6 April 2000.
Week 51 'n Wit huis snags, skildery deur Vincent van Gogh (1853–1890) in 1890.
Week 52 Engelstalige kaart van Tsjeggië.