Gebruiker:Martinvl/Kongres van Wene
The SI Brochure (ref 1) lists the symbols that should be used to represent the various units of measure, but many British publications such as the The Traffic Signs Regulations and General Directions 2016 (ref 2) use symbols and abbreviations interchangeably. What then is the difference?
The difference is that an abbreviation consists of letters that form an ordered subset of the word itself, while a symbol consists of arbitrary characters that may or may not be part of the text they represent. However symbols are consistent across linguistic boundaries, abbreviations are not.
Perhaps the best way to compare the two is by example. A typical abbreviation is "VAT". The table below shows how ‘VAT’ and ‘Value added tax’ have been translated in other European languages by the EU translation department (ref 3):
Language | Abbreviation | Text |
English | VAT | Value added tax |
Dutch | BTW | Belasting over de toegevoegde waarde |
French | TVA | Taxe sur la valeur ajoute |
German | MwSt | Mehrwertsteuer |
Greek | ΦΠΑ | φόρου προστιθέμενης α ξίας |
Spanish | IVA | Impuesto sobre el valor a adido |
Now consider ‘kilometres per hour’. The text below illustrates that the symbol ‘km/h’ is universal across Europe, even though the local word meaning ‘kilometre’ might not contain a ‘k’ or the local word meaning ‘hour’ might not contain a ‘h’.
Language | Symbol | Text |
English | km/h | Kilometres per hour |
French | km/h | kilomètres par heure |
German | km/h | Kilometer pro Stunde |
Greek | km/h | χισιόμετρα ανά ώρα |
Italian | km/h | chilometri all'ora |
Polish | km/h | kilometrach na godzinę |
Portuguese | km/h | quilômetros por hora |
Spanish | km/h | kilómetros por hora |
And here is the link: <a href="https://eur-lex.europa.eu/legal-content/EN/TXT/PDF/?uri=CELEX:31975L0443&from=EN">Link to EU Directive</a>
(FR, DE, EL, IT, PL, PT, ES)
These tables should make it clear why symbols are of great use on road signs, but abbreviations are not.
References
Note: References 3 and 4 show the English langage version of the relevant EU directive. If the letters "EN" in the URL name are pleaced by "FR", the French version will be displayed. SImilarly, "DE", "EL", "IT", "PL", "PT" or "ES" will show the Geman, Greek, Italian, Polish, Portuguese or SPanish versions as appropriate.
1. SI Brochure (9th edition) (https://www.bipm.org/documents/20126/41483022/SI-Brochure-9-EN.pdf)
2. The Traffic Signs Regulations and General Directions 2016 (https://www.legislation.gov.uk/uksi/2016/362/contents/made)
3. (https://eur-lex.europa.eu/legal-content/EN/TXT/?uri=legissum:l31057)
4. (https://eur-lex.europa.eu/legal-content/EN/TXT/PDF/?uri=CELEX:31975L0443&from=EN)
Congress of Vienna
wysigDie Kongres van Wene was 'n byeenkoms vanaf November 1814 tot Junie 1815 van ambassadeurs uit verskeie Europese lande. Die doel van die kongres was om vrede in Europa te bevorder ná die oorloë van die Franse Rewolusie en van die Napoleonse tydperk (1789-1815). Ingevolge die laaste bepaling van die Eerste Vredesooreenkoms van Parys (30 Mei 1814) moes die oorwinnaars - Pruise, Oostenryk, Rusland, Brittanje, Beiere en Wurtemberg- in Wenen 'n kongres hou om die betrekkinge in die hele Europa opnuut te reël.
Die hoofdoel van die kongres was om in Europa 'n magsewewig te skep wat moes verhinder dat een land die beheer oor die grootste deel van die vasteland kon kry, soos Frankryk dit onder Napoleon gedoen het en om die status quo in Europa te herstel soos in die voor-Napoleontiese era bestaan het. In die begin is net die vier groot Europese lande verteenwoordig – die Verenigde Koninkryk, Pruise, Oostenryk en Rusland. Daarna is die herstelde Franse monargie deur Talleyrand en ook talle kleiner lande verteenwoordig . Die vrede is deur hierdie vyf lande en ook, Spanje, Portugal en Swede bekragtig. Verskeie kleiner Europese lande is ook teenwoordig, maar hulle het nie die vrede onderteken nie.[1] Die voorsitter van die kongres was die buitelandse minister van Oostenryk, Klemens von Metternich.
Die kongres
wysigOp 6 April 1814 abdikeer Napoleon en is hy met 'n klein gevolg na die eiland Elba verban. Lodewyk XVIII word die nuwe koning van Frankryk on op 30 Mei 1815 sluit hy 'n vredesverdrag (Verdrag van Parys) met die die bondgenote wat Napoleon verslaan het. Ingevolge hierdie vredesverdrag sou 'n kongres gehou word om die vrede in Europa te bevorder.
Op 18 September 1814 het die Kongres geopen. Frankryk, wat intussen 'n nuwe koning, t.w. Lodewyk XVIII uit die Huis van Bourbon, gekry het, is ook toegelaat om deel te neem en is deur die uitgeslape Talleyrand verteenwoordig. Hy het met groot sukses vir die belange van sy land geveg. Die man wat egter veral sy stempel op die Kongres afgedruk het, was die verteenwoordiger van Oostenryk, prins Metternich.
So belangrik was sy rol by die Kongres, en ook in die jare daarna tot 1848, dat die tyd dikwels “Metternich se Europa" genoem word. 'n Paar honderd diplomate, asook die vorste van Pruise, Rusland, Beiere en Wurtemberg, het na die Oostenrykse hoofstad gekom vir die Kongres. Selde in die geskiedenis van Europa het soveel vorste saam vergader. Die grootste probleem was om te besluit hoe die grense van die lande van Europa getrek moes word.
Talleyrand het goed die kuns verstaan om die meningsverskille van die oorwinnaars vir sy doel uit te buit, maar na die kortstondige terugkeer van Napoleon en Frankryk se finale nederlaag by Waterloo, het die Kongres 'n fermer houding teenoor Frankryk ingeneem. Die uiteinde was dat Frankryk se grense teruggeplaas is na die van 1790. Frankryk is ook omring met bufferstate wat Franse invalsplanne moes ontmoedig. So is België bv. van Oostenryk weggeneem en met die Verenigde Provinsies van Noord-Nederland verenig om Nederland sterker te maak. Lombardye en Venesië het na Oostenryk gegaan en Pruise is versterk deurdat 'n deel van die Rynland by sy gebied gevoeg is.
Die Weense Kongres het egter veel meer gedoen as om net nuwe grense te bepaal. Die groot moondhede het besef dat hulle Napoleon slegs deur samewerking verslaan bet. Voortgesette samewerking in vredestyd sou dus kon help om toekomstige oorloë te voorkom. Daarom is die Viervoudige Verbond tussen Oostenryk, Rusland, Pruise en Brittanje in die lewe geroep. Die oogmerk was dat verteenwoordigers van hierdie lande gereeld moes byeenkom om die probleme van Europa te bespreek en op te los.
Hierdie Verbond het egter nie veel kans op welslae gehad nie, omdat die belange van die verskillende Europese lande gedurig gebots het en hulle selde kon saamstem oor omstrede kwessies. Ook het die stigting van die Heilige Alliansie, wat veral deur Rusland gebruik is om sy belange te bevorder, die Viervoudige Verbond ondermyn, en teen 1823 was die Viervoudige Verbond prakties gesproke reeds dood. 'n Werklike magsbalans is dus nie in Wenen geskep nie.
Die deelnemers aan die Kongres het die belange van die vorstehuise verteenwoordig en nie die van die volkere nie. Dit is wel waar dat daar vir verskeie dekades na die Kongres geen groot Europese oorlog was nie, maar die kongresbesluite het toestande geskep wat later tot oorloë en opstande sou lei.
Territoriale nedersettings
wysigDie belangrikste territoriale nedersettings van die verdrag was soos volg:[2]
- Die Heilige Romeinse Ryk (ontbind deur Napoleon in 1806) is deur die Duitse Bond vervang. Die Heilige Romeinse Ryk het 360 verskeie gebiede bevat maar die Duitse Bond slegs 38 gebiede. Die grootse lande in die nuwe Duitse Bond is Pruise, Oostenryk, Beiere en Hannover. (Destyds is die koning van Hanover ook koning van die Verenigde Koninkryk).
- Net die Duitssprekende gedeelte van die Oostenrykse Ryk is in die Duitse Bond – Hongarye, die Slawiese en die Italiaanse gedeelte van die ryk lê buite die Bond.
- Pole is deur Pruise en Rusland gedeel.
- Nederland en België word 'n enkele land met die Prins van Oranje as koning.
- Die Koninkryk van die twee Sisiliës is uit Napels en Sisilië gestig.
- Die Pouslike State is herstel.
- Die Switserse Konfederasie is as 'n neutrale land herstel.
- Noorweë en Swede is met mekaar verbonde in 'n enkele land.
- Die Britse beheer van Kaapkolonie en Ceylon en verskeie andere eilande is erken, maar Nederlands Oos-Indië keer terug na Nederland.
Die kongres het die slawehandel veroordeel en ook 'n protokol vir internasionale diplomasie ingestel.[2]
Navolg van die Kongres
wysigFrankryk
wysigDie herstel van die Huis van Bourbon op die Franse troon was nie geslaag nie. Omdat hulle teruggekeer het met die steun van Frankryk se vyande, is hul naam aan die skande van die nederlaag gekoppel. Die Franse sou ook geen terugkeer na die absolute orde duld nie. Lodewyk XVIII het hiermee rekening gehou, maar sy broer en opvolger, Karel X, het die volk se wense verontagsaam.
In 1830 het die Franse weer in opstand gekom, en Karel X moes vlug. Hy is vervang deur Lodewyk Philippus, wie se regering net so onbevredigend was. In 1848 het nog ʼn revolusie uitgebreek wat gelei het tot die Tweede Republiek met Napoleon se neef Lodewyk Napoleon as president. Hy het in 1852 die Tweede Keiserryk uitgeroep.
Italië
wysigMetternich het ltalië 'n “geografiese uitdrukking" genoem - en die land was inderdaad nie veel meer nie. Die Oostenrykers was in Lombardye en Venesië ingegrawe, terwyl die meeste ander Italiaanse state weinig meer as Oostenryksesatelliete was. Baie van die Italiaanse vorste, soos die van Napels en Sicilië, het alle vryheid onderdruk.
Oostenryk en Pruisse
wysigMet Metternich aan die roer van sake, was in hierdie jare baie invloedryk. Dit was veral Metternich wat die Heilige Alliansie 'n instrument van onderdrukking gemaak het; Oostenryk met sy mengelmoes van volke binne een staat het die kragte van nasionalisme en liberalisme meer as enige ander staat gevrees.
In 1819 het Metternich die Karlsbad-Dekrete uitgevaardig, waardeur liberalisme in die hele Duitsland verdoem is; by die Kongres van Troppau (1820) is besluit om enige rebellie teen 'n wettige vors te onderdruk. Metternich het 'n netwerk van spioene opgebou en die hele Duitse Bond in ʼn soort “polisiestaat" verander. Sy onderdrukkende maatreëls in Duitsland en Italië was veral verantwoordelik vir die opstande van 1848. 'n Tweede les is ook uit die verlede geleer: die Duitse vorste wou die versplintering van Duitsland in talle klein staatjies - iets wat dinge vir Napoleon baie vergemaklik het - beëindig. Hulle wou 'n Duitse Bond stig waarin al die kleiner Duitse state saamgevat sou wees.
Pruise het na die kongres nog steeds in die skaduwee van Oostenryk gestaan. Eers na 1860 het Pruise die onbetwiste leier van Duitsland geword. Intussen is die Pruisiese leër egter uitgebou tot die deeglike oorlogsmasjien wat Bismarck later sou gebruik om Duitsland te verenig. Ook het die stigting van die Zollverein (Tolverbond) onder Pruisiese leiding die state van Noord-Duitsland aan Pruise verbind, en die unifikasie van Duitsland help voorberei.
Nederland en België
wysigDie sewe provinsies van Noord-Nederland is met die suidelike deel (België) verenig. Nieteenstaande 'n goeie koning in die persoon van Willem I, was die vereniging van die Katolieke Belge met die Protestantse Nederlanders 'n mislukking. In 1831 het België van Nederland afgeskei en onafhanklik geword.
Brittanje
wysigBrittanje is deur die Weense-Kongres as die leidende seemag erken. Van sy veroweringe in die Napoleontiese tyd kon Brittanje Malta, Helgoland, Ceylon, en die Kaap die Goeie Hoop behou. Nou het die tyd van die groot Britse koloniale uitbreidings begin.
Spanje
wysigSpanje wat so heldhaftig teen Napoleon geveg het, het niks by die Weense Kongres gewen nie. Die Bourbon-koning Ferdinand VII het alle vryheidsidees in sy land bloedig onderdruk.
Switserland en Swede
wysigDie Switserse konfederasie, wat deur Napoleon omvergewerp is, is herstel. Sedertdien is Switserland se grense nie weer verander nie. Swede moes Finland en Sweeds-Pommere afstaan, maar het beheer oor Noorweë verkry. Noorweë en Swede het in 1905 geskei.
Rusland
wysigBy die Weense kongres het tsaar Alexander hom baie liberaal voorgedoen. Met verloop van jare het by sy onderdane egter al hoe meer onderdruk. Onder sy opvolger, Nicolaas I, was dit nog erger. Alexander het beloof om Pole sy onafhanklikheid te gee, maar in die praktyk was dit slegs 'n set om groot dele van die land onder Russiese beheer te kry.
Die Ottomaanse Ryk (Turkye)
wysigEen van die groot probleme vir Rusland, en ook vir baie van die ander groot moondhede, was Turkye. Die verval van die Turkse Ryk was ooglopend. Griekeland was die eerste wat weggebreek het, en Brittanje het gevrees dat Rusland die verdere verval van die Turkse Ryk sou bevorder om sy invloed oor die nuwe onafhanklike state in die Balkangebied uit te brei.
Daarom het Rusland en Brittanje mekaar met die uiterste agterdog bejeën, en toe Rusland Moldawië en Walachye beset, was die vonk in die kruitvat. Die gevolg was die Krimoorlog van 1854-56.
Suider-Afrika
wysigSoos België en talle ander gebiede in Europa, het die Kongresgangers in Wenen die Kaap aan vreemde oorheersers oorgedra - in die geval Brittanje. Na die ooreenkoms wat in 1806 aangegaan is, word die Romeins-Hollandse reg, die Nederlandse taal en die NG Kerk erken, en baie hooggeplaaste Nederlandse amptenare het hul poste behou. Die afskaffing van die slawehandel in 1807, die emansipasie van slawe in 1837 en die probleme aan die oostelike grense van die kolonie het egter probleme veroorsaak wat nie in Londen waardeer is nie en wat bygedra het tot die vorming van die negentiende eeuse Suid-Afrikaanse geskiedenis.
Verwysings
wysig- ↑ Kennis, vol 8, 1980, bl. 1470, ISBN 0 7981 0830 4
- ↑ 2,0 2,1 (en) Palmer, AW, red. (1962). A Dictionary of Modern History 1789-1945. Penguin Reference Books. Vienna, Congress of.