Groot-Bergrivier
Die Groot-Bergrivier is die tweede grootste rivier in die provinsie Wes-Kaap in Suid-Afrika. Dit is naastenby 294 km lank en strek van die Drakensteinberge tot by Velddrif. Die opvanggebied is 7 715 km² groot. Omtrent 65% van die Bergrivierarea is onder landbou-aktiwiteite. Die hoofdorpe in die Bergrivierarea is Velddrif en Laaiplek naby die kus, Piketberg, Hopefield, Moorreesburg en Darling meer binneland toe en Wellington, Paarl en Franschhoek naby die oorsprong.
Bergrivier | |
---|---|
Die Bergrivierdam.
| |
Stroomgebied | Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Monding | Atlantiese Oseaan |
Lengte | 294 km |
Koördinate: 32°46′13″S 18°8′41″O / 32.77028°S 18.14472°O |
Die rivier is eers in 1872 vir die eerste maal in sy volle lengte bevaar met 'n hout boot, die Zephyr. Dit het 9 dae geduur.
Vis
wysigDie Bergrivier-rooivlerkie is endemies aan die rivier.
Kanowedvaart
wysigDie Bergrivier is jaarliks in Julie gasheer vir een van die langste kanomaratons in die wêreld, die Bergrivier-kanowedvaart.
Die Bergrivierdam is gedurende 2008 voltooi in die Bergrivier naby Franschhoek.
Bibliografie
wysig- Burman, Jose: Waters of the Western Cape. Kaapstad: Human & Rousseau, 1970.
- Green, Lawrence G.: On wings of fire. A narrative of odd and unusual characters and queer, remote places along the flamingo coast from Swakopmund to the Cape. Kaapstad: Howard Timnins, 1982. ISBN 0-86978-212-6
- Green, Lawrence G.: The coast of treasure. Kaapstad: Howard Timmins, 1983. ISBN 0-86978-048-4
- Green, Lawrence G.: So few are free. Kaapstad: Howard Timmins, 1983. ISBN 0-86978-247-9
Eksterne skakels
wysig- Bergriver-opvanggebied Geargiveer 8 Oktober 2006 op Wayback Machine
- Bergrivier-projek Geargiveer 6 Februarie 2007 op Wayback Machine
- Kaapse galaxia (Galaxias zebratus) Geargiveer 27 Mei 2011 op Wayback Machine
Provinsie Wes-Kaap | |
---|---|
Hoofstad: | |
Streke: |
Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Tuinroete | Weskus |
Grootste stede en dorpe: |
Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester |
Munisipaliteite: |
Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Tuinroete | Weskus | Witzenberg |