Stille Oseaan-nasiesbeker

internasionale rugbykompetisie wat gehou word tussen Fidji, Samoa, Tonga, Kanada, Japan en die Verenigde State
(Aangestuur vanaf Pasifiese Nasiesbeker)

Die Stille Oseaan-nasiesbeker (Engels: Pacific Nations Cup), amptelik die Wêreldrugby Stille Oseaan-nasiesbeker (World Rugby Pacific Nations Cup), is ’n internasionale rugbykompetisie wat beslis word tussen Fidji, Japan, Kanada, Samoa, Tonga en die Verenigde State. Dit is die eerste keer in 2006 gehou en is bedoel om vlak-twee-rugbyspanne te versterk deur mededingende toetswedstryde in ’n toernooiformaat aan te bied.

Wêreldrugby Stille Oseaan-nasiesbeker
2024 Stille Oseaan-nasiesbeker
Beskrywing.
Sportsoort Rugby
Gestig 2006; 18 jaar gelede (2006)
Eienaar Wêreldrugby
Inwydingseisoen 2006 IRR Stille Oseaan Vyfnasies
Deelnemende lande Vlag van Fidji Fidji
Vlag van Japan Japan
Vlag van Kanada Kanada
Vlag van Samoa Samoa
Vlag van Tonga Tonga
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Aantal spanne 6
Mees onlangse kampioen Vlag van Fidji Fidji (2024)

Voormalige spanne sluit in die Junior All Blacks (ook bekend as Nieu-Seeland A; in 2006, 2007, 2009), Australië A (in 2007, 2008, 2022), Georgië (in 2018) en die Māori All Blacks (in 2008). Die eerste toernooi is die enigste een wat die titel van IRR Stille Oseaan Vyfnasies gedra het; van 2007 af was die kompetisie bekend as die IRR Stille Oseaan-nasiesbeker en daarna die Wêreldrugby Stille Oseaan-nasiesbeker.

Fidji is tans die houer van die titel, nadat hulle Japan in die 2024-eindstryd met 41–17 geklop het. Samoa het die bronsmedaljewedstryd beklink met ’n oorwinning van 18–13 oor die Verenigde State.[1]

Formaat

wysig

Soortgelyk aan die 2019-toernooi speel die spanne gedurende die 2024-groeprondte van die toernooi een wedstryd teen elk van die ander spanne in die groep, maar anders as 2019 volg daar in die 2024-toernooi ’n uitklopfase op die groepfase (waarvan Japan die gasheer was) om die kampioen te bepaal.[2][3]

’n Oorwinning tel vier punte en ’n gelykopuitslag twee punte. Daar word ook bonuspunte toegeken, met een bonuspunt vir vier of meer drieë in ’n wedstryd en een bonuspunt waar die verloorspan met sewe punte of minder verloor.

Die toernooi vind gewoonlik elke jaar plaas in die internasionale toetsvenster vir Junie met die laaste rondtes in Augustus of September. Die 2024-toernooi het op 23 September 2024 afgeskop en geëindig op 21 September 2024 met die eindstryd en bronseindstryd op Japan se Hanazono Rugbystadion in Higashiōsaka.

Geskiedenis

wysig
 
Japan teen Tonga in 2006
 
Japan teen Australië A op die Level-5 stadion tydens die 2008 IRR Stille Oseaan-nasiesbeker
 
’n 2012 Stille Oseaan-nasiesbeker-wedstryd in Tokio, waarin Samoa vir Japan met ’n telling van 27–26 geklop het

Die Stille Oseaan-nasiesbeker is oorspronklik befonds as ’n Wêreldrugbytoernooi, wat deel was van ’n driejaarse globale strategiese beleggingsprogram ter waarde van $VSA50 miljoen wat in Augustus 2005 van stapel gestuur is. Die kompetisie was daarop gemik om die Stille Oseaan-spanne uit die tweede vlak van rugby te ontwikkel: Fidji, Japan, Samoa en Tonga. Die Junior All Blacks, Nieu-Seeland se tweede of A-span, is ook genooi om mee te ding. Volgens Wêreldrugby se destydse hoof van rugbydienste, Mark Egan, sou “Die IRR Stille Oseaan Vyfnasies ’n toernooi wees wat meer sekerheid vir Fidji, Japan, Samoa en Tonga bied in terme van gereelde hoëvlaktoetswedstrydrugby, terwyl dit ook ’n hoë vlak van mededinging vir die Junior All Blacks sou bied.”[4]

Dit is slegs in die eerste jaar die Stille Oseaan Vyfnasies genoem en het nie Australië ingesluit nie. Australië is genooi om aan die eerste 2006-toernooi deel te neem, maar hulle het besluit om nie ’n span te stuur nie en gesê dat hulle op hul plaaslike kompetisie wou fokus. Die eerste toernooi het op 3 Junie 2006 afgeskop en is in ’n groepformaat gespeel, met sommige wedstryde wat in Australië gehou is. Die Junior All Blacks het al hul wedstryde, en daarmee die 2006-toernooi, gewen. Die eerste toernooi was ’n sukses in die opsig dat dit ’n platform vir rugbylande in die Stille Oseaan, insluitende Japan, gebied het om waardevolle blootstelling te verkry.

Australië se A-span het vir die 2007-seisoen by die uitgebreide kompetisie aangesluit. Die insluiting van Australië A het beteken dat die vlak twee-spanne ’n selfs groter aantal wedstryde sou hê in aanloop tot die Rugbywêreldbeker 2007. Vir Australië was dit ’n nuttige geleentheid om aan potensiële spelers vir die Wallabiesspan te slyp in aanloop tot die Rugbywêreldbekertoernooi. Ná die 2008-toernooi het die Australiese Rugbyunie (ARU) egter aangekondig dat Australië A nie in 2009 gaan speel nie weens ekonomiese oorwegings.[5] Sedertdien het Australië nie weer aan die toernooi deelgeneem nie.

In 2008 het die Nieu-Seelandse Māori-span (die Māori All Blacks) die Junior All Blacks in die kompetisie vervang. Die Nieu-Seelandse Rugbyunie (NZRU) het besluit dat die Nieu-Seelandse Māori meer wedstryde tuis moet speel en dat die Junior All Blacks nie in 2008 saamgestel sou word nie weens bekommernisse oor die “welsyn van die spelers”.[6] Die Junior All Blacks het teruggekeer vir die 2009-toernooi, maar geen Nieu-Seelandse span het sedertdien aan die toernooi deelgeneem nie.

Van 2010 tot 2012 was die Stille Oseaan-nasiesbeker ’n vierspantoernooi, wat deur Fidji, Japan, Samoa en Tonga beslis is, met Samoa wat in 2010 en 2012 geseëvier het, en Japan wat in 2011 gewen het.

In Januarie 2013 het die Internasionale Rugbyraad (IRR; nou Wêreldrugby) aangekondig dat beide die Verenigde State en Kanada op ’n permanente basis sou aansluit by die 2013-kompetisie. Vir die eerste keer het die heersende kampioene, Samoa, nie deelgeneem nie, aangesien hulle aan ’n kompetisie in Suid-Afrika deelgeneem het.[7]

Die Stille Oseaan-nasiesbeker is vir 2016 en 2017 afgeskaal, met slegs Fidji, Samoa en Tonga wat deelgeneem het. Die spanne van Kanada, Japan en die Verenigde State het in hul onderskeie streeksuitdunne vir die Rugbywêreldbeker 2019 gespeel. As deel van die Oseaniese kwalifisering is plekke by die Rugbywêreldbeker 2019 toegeken aan die twee topspanne van die 2016- en 2017-Nasiesbeker (algeheel), terwyl die onderste span ’n tweede kans (uitspeelrondte) ontvang het om te kwalifiseer deur ’n wedstryd teen die tweede beste rugbyspan uit die Europese Rugbykampioenskap te speel. Georgië is genooi vir die 2018-toernooi wat in Suva beslis is.[8]

Vir 2019 het Kanada, Japan en die Verenigde State na die toernooi teruggekeer, wat as ’n voorbereiding op die Rugbywêreldbeker 2019 gedien het. Japan het die toernooi ingepalm sonder om ’n enkele wedstryd te verloor.[9]

Die toernooi is nie in 2020 of 2021 gehou nie. Dit is eers in 2022 weer gespeel, met die immer teenwoordige Fidji, Samoa en Tonga, saam met Australië se A-span. Samoa het al drie hul wedstryde gewen. Vir die 2023-toernooi is Australië A deur Japan vervang. Fidji het hierdie keer die kampioenskap gewen, met Samoa wat Japan naelskraap vir die tweede plek uitgestof het.

In Oktober 2023 het Wêreldrugby aangekondig dat met ingang 2024 ses permanente spanne uit Noord-Amerika, die Stille Oseaan-gebied en Asië sal deelneem aan die Stille Oseaan-nasiesbeker: Fidji, Kanada, Japan, Samoa, Tonga en die Verenigde State.[10][11] Die kompetisie het egter begin met ’n groepfase, gevolg deur ’n uitklopfase, aangebied deur Japan, om die toernooiwenner te beslis, anders as die vorige formaat.[11] In Augustus 2024 is aangekondig dat die 2025-toernooi (eindstryde aangebied deur die Verenigde State) sal dien as die kwalifiseringstoernooi vir die nuut-uitgebreide Rugbywêreldbeker 2027,[12] met die samesmelting van die Noord-Amerikaanse en die Asië-Stille Oseaan-streke, wat die voormalige streekskwalifikasiemetode vervang.[12] Met hierdie aankondiging sal vyf van die ses spanne wat aan die Stille Oseaan-nasiesbeker deelneem regstreeks kwalifiseer vir die Rugbywêreldbeker 2027 aangesien Fidji en Japan gekwalifiseer het tydens die groepfase van die vorige 2023-toernooi.[13]

Spanne

wysig

2006–2023

wysig

Die spanne in die Stille Oseaan-nasiesbeker en hul finale posisies is as volg:

Span 2006 2007 2008 2009 2010 2011 2012 2013 2014 2015 2016 2017 2018 2019 2022 2023
Stille Oseaan-spanne
  Fidji 3de 4de 4de 2de 2de 3de 2de 1ste 2de 1ste 1ste 1ste 1ste 2de 3de 1ste
  Samoa 2de 3de 3de 3de 1ste 4de 1ste 1ste 2de 2de 3de 4de 4de 1ste 2de
  Tonga 4de 5de 6de 5de 4de 2de 3de 3de 3de 3de 3de 2de 2de 5de 4de 4de
Uitgenooide spanne
AUS A 2de 2de 2de
  Kanada 2de 3de 6de 6de
  Georgië 3de
  Japan 5de 6de 5de 4de 3de 1ste 4de 4de 1ste 4de 1ste 3de
NZL A 1ste 1ste 1ste
Māori All Blacks 1ste
  Verenigde State 5de 2de 5de 3de

2024–tans

wysig

Die spanne in die 2024 Stille Oseaan-nasiesbeker en hul finale posisies, met die gasheer vir die uitkloprondtes in rooi, is as volg:

Span 2024 2025
  Fidji 1ste n.v.t.
  Kanada 6de n.v.t.
  Japan 2de n.v.t.
  Samoa 3de n.v.t.
  Tonga 5de n.v.t.
  Verenigde State 4de n.v.t.

Notas:

* Die 2014-toernooi is verdeel in twee “konferensies” of groepe sonder interkonferensie wedstryde of ’n uitkloprondte. Samoa en Japan het hul respektiewelike groepstitels gewen.[14][15]

Kommersiële borgskappe

wysig

Op 20 Junie 2008 het die Internasionale Rugbyraad aangekondig dat die regionale finansiële instelling, ANZ, ingestem het om aanbiedende borg van die toernooi te word, sowel as die FORU Oceania Cup en die Pacific Rugby Cup.[16]

Op 16 Augustus 2024 het Wêreldrugby en Asahi Brouerye aangekondig dat Asahi Super Dry die titelborg en amptelike bier van die toernooi sal wees.[17][18]

Resultate

wysig
Jaar Gasheer vir die uitklopfases Goue-medalje-wedstryd Bronsmedalje-wedstryd Aantal spanne
Goue medalje Telling Silwermedalje Bronsmedalje Telling Vierde plek
2006 NZL A Groepfase   Samoa   Fidji Groepfase   Tonga 5
2007 NZL A Groepfase AUS A   Samoa Groepfase   Fidji 6
2008 Māori All Blacks Groepfase AUS A   Samoa Groepfase   Fidji 6
2009 NZL A Groepfase   Fidji   Samoa Groepfase   Japan 5
2010   Samoa Groepfase   Fidji   Japan Groepfase   Tonga 4
2011   Japan Groepfase   Tonga   Fidji Groepfase   Samoa 4
2012   Samoa Groepfase   Fidji   Tonga Groepfase   Japan 4
2013   Fidji Groepfase   Kanada   Tonga Groepfase   Japan 5
2014[lower-alpha 1]   Japan
  Samoa
Groepfase; twee konferensies   Verenigde State
  Fidji
  Kanada
  Tonga
Groepfase; twee konferensies 6
2015   Kanada   Fidji 39–29
Swangard-stadion, Burnaby
  Samoa   Tonga 31–20
Swangard-stadion, Burnaby
  Japan 6
2016   Fidji Groepfase   Samoa   Tonga Groepfase 3
2017   Fidji Groepfase   Tonga   Samoa Groepfase 3
2018   Fidji Groepfase   Tonga   Georgië Groepfase   Samoa 4
2019   Japan Groepfase   Fidji   Verenigde State Groepfase   Samoa 6
2022   Samoa Groepfase Australië A   Fidji Groepfase   Tonga 4
2023   Fidji Groepfase   Samoa   Japan Groepfase   Tonga 4
2024   Japan   Fidji 41–17
Hanazono-stadion, Higashiōsaka
  Japan   Samoa 18–13
Hanazono-stadion, Higashiōsaka
  Verenigde State 6

Kampioene

wysig
Span Kampioen Naaswenner Derde Vierde
  Fidji 7 (2013, 2015, 2016, 2017, 2018, 2023 en 2024) 5 (2009, 2010, 2012, 2014, 2019) 3 (2006, 2011, 2022) 2 (2007, 2008)
  Samoa 4 (2010, 2012, 2014, 2022) 4 (2006, 2015, 2016, 2023) 5 (2007, 2008, 2009, 2017 en 2024) 3 (2011, 2018, 2019)
  Japan 3 (2011, 2014, 2019) 1 (2024) 2 (2010, 2023) 4 (2009, 2012, 2013, 2015)
NZL A 3 (2006, 2007, 2009)
Māori All Blacks 1 (2008)
  Tonga 3 (2011, 2017, 2018) 5 (2012, 2013, 2014, 2015, 2016) 4 (2006, 2010, 2022, 2023)
AUS A 3 (2007, 2008, 2022)
  Kanada 1 (2013) 1 (2014)
  Verenigde State 1 (2014) 1 (2019) 1 (2024)
  Georgië 1 (2018)

Opsomming

wysig
Stille Oseaan-nasiesbeker Algehele Tabel (2006–2024)
Span Gespeel Gewen Gelykop Verloor Wen% Punte vir Punte teen Punteverskil Drieë vir Drieë teen Drie-bonuspunte Verloor-bonuspunte Punte
  Fidji 52 32 2 18 61.54% 1 292 1 125 +167 164 134 22 8 162
  Samoa 48 25 2 21 52.08% 1 096 1 009 +87 132 110 12 8 124
  Japan 43 16 0 27 37.21% 907 1 249 −342 101 167 11 8 83
  Tonga 52 15 1 36 28.85% 1 049 1 499 −450 121 181 7 12 81
NZL A 13 13 0 0 100% 556 160 +396 80 21 12 0 64
AUS A 13 9 1 3 69.23% 489 252 +237 66 31 8 2 48
  Verenigde State 13 5 0 8 38.46% 268 327 −54 25 38 3 2 25
Māori All Blacks 5 5 0 0 100% 134 62 +72 18 10 1 0 21
  Kanada 13 3 0 10 23.08% 257 344 −12 29 37 2 4 18
  Georgië 2 1 0 1 50% 31 52 −21 3 8 0 0 4
Laaste keer hersien op: 14 Augustus 2024
'n Wen is vier punte werd. 'n Gelykopuitslag is twee punte werd. Een bonuspunt word gegee vir ’n drieëbonus of verloorbonus.
Die totaal vir punte en bonuspunte sluit uitspeelfasewedstryde in.

Voorste puntemakers

wysig

Die volgende tabel bevat punte en drieë wat behaal is in die Stille Oseaan-nasiesbeker.

Voorste puntemakers

wysig
Plek Speler Span Punte
1 Kurt Morath   Tonga 188
2 Ayumu Goromaru   Japan 142
3 Seremaia Bai   Fidji 130
4 Taniela Rawaqa   Fidji 103
5 James Arlidge   Japan 102
6 Ben Volavola   Fidji 97
7 Sonatane Takulua   Tonga 81
8 Pierre Hola   Tonga 75
9 Gavin Williams   Samoa 73
10 AJ MacGinty   Verenigde State 72

Laaste keer hersien op: 14 Augustus 2024
Bron: statbunker.com

Voorste drieëdrukkers

wysig
Plek Speler Span Drieë
1 David Lemi   Samoa 11
2 Hosea Gear Nieu-Seeland A 10
3 Anthony Tuitavake Nieu-Seeland A 8
4 Takashi Kikutani   Japan 7
Leone Nakarawa   Fidji 7
Sonatane Takulua   Tonga 7
Hendrick Tui   Japan 7
Lachlan Turner Australië A 7
Fetu’u Vainikolo   Tonga 7
10 Koliniasi Holani   Japan 6
Vunga Lilo   Tonga 6
Timoci Nagusa   Fidji 6
Blaine Scully   Verenigde State 6

Laaste keer hersien op: 14 Augustus 2024
Bron: statbunker.com

Sien ook

wysig

Notas

wysig
  1. In 2014 is die Stille Oseaan-nasiesbeker beslis tussen twee “konferensies” of groepe (Asië/Stille Oseaan, Stille Oseaan-eilande).

Verwysings

wysig
  1. (en) "Asahi Super Dry Pacific Nations Cup: Brilliant Fiji claim sixth title". Wêreldrugby. 21 September 2024. Besoek op 9 Oktober 2024.
  2. (ja) "世界のラグビーがさらに活発化。2027年W杯から24か国出場、2026年からトップ12か国新大会、2024年からPNC". Baseball Magazine, Inc. ベースボール・マガジン社. 25 Oktober 2023. Besoek op 9 Oktober 2024.
  3. (ja) "ラグビー 世界トップ12チーム参加 新たな国際大会創設を発表". NHK. 25 Oktober 2023. Besoek op 9 Oktober 2024.
  4. (en) "IRB Pacific 5 Nations takes shape". rugbyrugby.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Desember 2006. Besoek op 31 Desember 2006.
  5. (en) "Australia A out of 2009 Pacific Nations Cup". The Roar. 17 Desember 2008. Besoek op 9 Oktober 2024.
  6. (en) "New Zealand Maori to join IRB Pacific Nations Cup". All Blacks. 26 September 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2007. Besoek op 23 Desember 2007.
  7. (en) "Pacific Nations Cup expanded to Canada and USA". TVNZ. 23 Januarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2015. Besoek op 9 Junie 2015.
  8. (en) "Matches". Wêreldrugby. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2020. Besoek op 6 November 2020.
  9. (en) "World Rugby Pacific Nations Cup 2019: Fixtures" (PDF). Wêreldrugby. Besoek op 9 Oktober 2024.
  10. (en) Mitch Phillips (24 Oktober 2023). "World Cup expands to 24 teams amid radical new calendar". Reuters. Besoek op 9 Oktober 2024.
  11. 11,0 11,1 (en) Iliesa Tora (26 Oktober 2023). "More game time for Pacific team as World Rugby approves expansions". Radio New Zealand. Besoek op 9 Oktober 2024.
  12. 12,0 12,1 (en) Paul Tait (4 Junie 2024). "Rugby World Cup 2027 Qualifying Pathway Shakeup". Americas Rugby News. Besoek op 9 Oktober 2024.
  13. (en) "Qualification process confirmed for expanded Men's Rugby World Cup 2027 in Australia". rugbyworldcup.com. 13 Augustus 2024. Besoek op 9 Oktober 2024.
  14. (en) "Samoa break 16-year drought with win over Fiji in Pacific Nations Cup". Australian Broadcasting Corporation. 21 Junie 2014. Besoek op 9 Oktober 2024.
  15. (en) Greg Thomas (22 Junie 2014). "USA end winless run against Canada". Wêreldrugby. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2014. Besoek op 14 Julie 2014.
  16. (en) "ANZ Bank sponsors Pacific rugby". Fiji Sun. 25 Junie 2008. Besoek op 9 Oktober 2024.
  17. (en) "Asahi Super Dry becomes title sponsor of Pacific Nations Cup". Wêreldrugby. 16 Augustus 2024. Besoek op 9 Oktober 2024.
  18. (en) "Asahi Super Dry Signs On As Pacific Nations Cup 2024 Title Sponsor". RugbyAsia247. 16 Augustus 2024. Besoek op 9 Oktober 2024.

Eksterne skakels

wysig