Sekelbos

plantspesie

Sekelbos (Dichrostachys cinerea) – ook bekend as die kleinblaarsekelbos (Dichrostachys cinerea subsp. africana) – is 'n klein boompie (hoogstens 5 m hoog) in die Fabaceae familie.

Sekelbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Rosids
Orde: Fabales
Familie: Fabaceae
Klade: Mimosoideae
Genus: Dichrostachys
Spesie:
D. cinerea
Binomiale naam
Dichrostachys cinerea
(L.) Wight & Arn., (1834)
Sinonieme
  • Cailliea dichrostachys Guill. et Perrot.
  • Dichrostachys glomerata Chiov.
  • Dichrostachys nutans (Pers.) Benth.
  • Mimosa cinerea L.

Die FSA-nommer van die boom is 190.[1][2]

Beskrywing

wysig

Die 4 cm lange blom-aar se pienk gedeelte bestaan uit onvrugbare blomme en die geel gedeelte uit vrugbare tweeslagtige blomme. Die plat, donkerbruin peule kan tot 7 cm lank en 1 cm breed word. Hulle bars nie oop nie en val in trosse af. Die peule word deur grootvee en wild gevreet.

Verspreiding

wysig

Die spesie kom voor in Australië, deur Mianmar en Indië tot in Afrika. In Suid-Afrika word dit aangetref in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Noord-Kaap en die Oos-Kaap. Dit is volop in grasryke bosveld.

In die res van Afrika is die plant inheems in Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Demokratiese Republiek die Kongo, Gaboen, Gambië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Kaap Verde, Kameroen, Kenia, Liberië, Malawi, Mali, Mauritanië, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Republiek die Kongo, Rwanda, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Senegal, Somalië, Soedan, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe. Buite Afrika is die spesie ook inheems in Indië, Java, Jemen, Klein-Soenda-eilande, Mianmar, Noordelike Gebied, Oman, Saoedi-Arabië, Sierra Leone, Soematra en Sri Lanka.

Subspesies

wysig
  • Dichrostachys cinerea subsp. africana Brenan & Brummitt
  • Dichrostachys cinerea subsp. argillicola Brenan & Brummitt
  • Dichrostachys cinerea subsp. burmana Brenan & Brummitt
  • Dichrostachys cinerea subsp. cinerea
  • Dichrostachys cinerea subsp. forbesii (Benth.) Brenan & Brummitt
  • Dichrostachys cinerea var. hirtipes Brenan & Brummitt
  • Dichrostachys cinerea var. indica Brenan & Brummitt
  • Dichrostachys cinerea var. karamojensis Brenan & Brummitt
  • Dichrostachys cinerea subsp. keniensis Brenan & Brummitt
  • Dichrostachys cinerea var. lugardiae (N.E.Br.) Brenan & Brummitt
  • Dichrostachys cinerea subsp. malesiana Brenan & Brummitt
  • Dichrostachys cinerea subsp. nyassana (Taub.) Brenan
  • Dichrostachys cinerea var. occidentalis Brenan & Brummitt
  • Dichrostachys cinerea var. paucijuga Miq.
  • Dichrostachys cinerea subsp. platycarpa (Welw. ex W.Bull) Brenan & Brummitt
  • Dichrostachys cinerea var. pubescensvBrenan & Brummitt
  • Dichrostachys cinerea var. setulosa (Welw. ex Oliv.) Brenan & Brummitt
  • Dichrostachys cinerea var. tanganyikensis Brenan & Brummitt

Fotogalery

wysig

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
  2. Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 78. ISBN 978-1-77007-759-1.

Bronne

wysig

Eksterne skakels

wysig