Wikipedia:Beeld van die week/2018
Hierdie is die argief van al die beelde wat tydens 2018 as spogbeelde op die voorblad gepryk het.
2018
wysigWeek 1 Vuurwerk in die Swartseehawe van Sotsji, Krasnodar-krai, Rusland, tydens Oorwinningsdag op 9 Mei 2015.
Week 2 Die Vredetoring oorheers die sentrale struktuur van Kanada se parlementsgebou in Ottawa.
Week 3 Illustrasie uit die Franse tydskrif Le Petit Journal oor die Bosniese Krisis in 1908: Bulgarye verklaar sy onafhanklikheid en prins Ferdinand word tsaar, Oostenryk-Hongarye in die persoon van keiser Frans Josef I annekseer Bosnië en Herzegowina, terwyl die Ottomaanse sultan Abdülhamid II hulpeloos toekyk.
Week 4 Bruidreis in Hardanger (1848), skildery deur die Noorse kunstenaars Adolph Tidemand (1814–1876) en Hans Gude (1825–1903).
Week 5 Die rooihoedamaniet is een van die bekendste giftige swamme. Die monster in die foto is ongeveer 115 mm hoog en is nog nie heeltemal geopen nie.
Week 6 'n Eurasiese oehoe (Bubo bubo sibiricus) in gevangenskap.
Week 7 Die Internasionale Ruimtestasie soos gesien vanaf die Ruimtependeltuig Atlantis tydens die STS-135-missie, met die Maan op die agtergrond.
Week 8 Die Golestan-paleis in Teheran, regeringsetel tydens die Kadjare-bewind in Iran.
Week 9 Die algehele sonsverduistering van 21 Augustus 2017, soos afgeneem in Crowheart, Wyoming, Verenigde State van Amerika.
Week 10 'n Portret van die Amerikaanse fotograaf Ansel Adams, omstreeks 1950.
Week 11 Gassed, skildery deur John Singer Sargent (1856–1925) in 1919, geïnspireer deur die Eerste Wêreldoorlog.
Week 12 ’n Animasie van die Maan soos dit deur sy fases beweeg, soos in 2007 gesien. Die oënskynlike skommeling van die Maan is bekend as librasie. Die oënskynlike verandering in grootte is vanweë die eksentrisiteit van die Maan se wentelbaan.
Week 13 'n Veer van 'n manlike pou (Pavo cristatus).
Week 14 Lede van 'n Chinese militêre erewag tydens 'n verwelkoming vir Vlootgeneraal Peter Pace by die Ministerie van Verdediging in Beijing, Volksrepubliek China.
Week 15 'n Rooibekrenostervoël (Buphagus erythrorhynchus) op 'n rooibokooi (Aepyceros melampus) in die Nasionale Chobewildtuin, Botswana.
Week 16 Die Jamaikaanse naelloper Usain Bolt vier sy oorwinning in die 100 meter-wedloop tydens die Olimpiese Somerspele 2008 in Beijing, waartydens hy die wêreldrekord verbeter het.
Week 17 'n Panoramiese uitsig oor Alicante van die kasteel van Santa Barbara, Spanje.
Week 18 Presidensiële portret van Harry S. Truman (1884–1972), 33ste President van die Verenigde State van Amerika (1945–1953).
Week 19 'n Uitsig oor die oppervlak van die Maan met die Aarde op die agtergrond, soos gesien vanaf die Lunar Reconnaissance Orbiter oor die Compton-krater op 12 Oktober 2015.
Week 20 'n Naakte vrou in ligposisie, soos opgeneem deur Jean-Christophe Destailleur.
Week 21 'n Ou leeumannetjie (Panthera leo) in die Nasionale Chobewildtuin, Botswana.
Week 22 ’n Lugfoto van die Fort van Petrus en Paulus in Sint Petersburg, Rusland.
Week 23 Ilse-waterval in die Ilse-vallei in die Nasionale Park Harz naby Ilsenburg, Sakse-Anhalt, Duitsland.
Week 24 Benoudheid (1876–1880), skildery deur August Friedrich Schenck (1828–1901), olie op doek.
Week 25 Kifli (Кифла) gemaak met speltmeel (Serwiese kookkuns).
Week 26 Vriendskaplike sokkerwedstryd tussen Oostenryk en Brasilië op 10 Junie 2018 in die Weense Ernst-Happel-stadion, net voor die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 in Rusland. Die prent toon die Brasiliaanse nasionale sokkerspan: Paulinho (15), Thiago Silva (2), Danilo (14), Miranda (3), Alisson (1), Neymar (10), Willian (19), Marcelo (12), Casemiro (5), Gabriel Jesus (9) en Philippe Coutinho (11).
Week 27 Topografiese kaart van die Kergueleneilande in die suidelike Indiese Oseaan, 'n Franse oorsese gebied noord van Antarktika, suidoos van Suid-Afrika en suidwes van Australië.
Week 28 'n Gevange Duitse soldaat help gewonde Britse soldate om na 'n bymekaarkomplek naby Bernafay-woud te stap nadat hulle op 19 Julie 1916 op die Bazentin-rif tydens die Eerste Wêreldoorlog se Slag van die Somme in Frankryk geveg het.
Week 29 'n Kodiakbeer in Kodiak National Wildlife Refuge, Alaska, Verenigde State.
Week 30 Die nasionale wapen van die Afrika-eilandnasie Republiek van Seychelle.
Week 31 'n Uitsig oor die Armeense hoofstad Jerewan met Ararat op die agtergrond. Dié stad is die ekonomiese en kulturele sentrum van Armenië.
Week 32 Wikimedia Commons se beeld van die jaar 2017: Phyllomedusa rohdei is 'n spesie in die familie van boompaddas en is deur 'n oranje-pers-kleuring in die lies gekenmerk. In die prentjie wedywer twee mannetjies vir 'n tak en een klim oor die ander.
Week 33 'n Ruspe van Eligma Narcissus, 'n skoenlapper van die familie Nolidae, inheems aan die oostelike trope en subtrope. Foto geneem op 4 Junie 2017 in Kadavoor, Kerala, Indië.
Week 34 Io, soos waargeneem deur die Galileo-wenteltuig op 26 Junie 1996.
Week 35 Koninklike pawiljoen in die Phraya Nakhon-grot van die Khao Sam Roi Yot Nasionale Park, Prachuap Khiri Khan-provinsie, Thailand.
Week 36 Twee seekoeie (Hippopotamus amphibius) in die Tanameer naby Bahir Dar, Ethiopië.
Week 37 Raising the Flag on Iwo Jima op 23 Februarie 1945, Joe Rosenthal (1911–2006) se ikoniese prent tydens die Slag van Iwo Jima aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog in Japan.
Week 38 Eugène Delacroix se La Liberté guidant le peuple ("Vryheid lei die mense"), 1830, Louvre, is 'n bekende skildery oor die Franse Rewolusie.
Week 39 'n Aansig van die Nasir ol Molk-moskee se binnekant, geleë in Sjiraz, Iran.
Week 40 Phobos, soos waargeneem deur die Mars Reconnaissance Orbiter-wenteltuig op 23 Maart 2008.
Week 41 Swartwitpensbul (Hippotragus niger) in die Tswalu Kalahari Reservaat, Suid-Afrika.
Week 42 Lansering van die ruimtependeltuig Discovery met die STS-120-missie van sewe ruimtevaarders op pad na die Internasionale Ruimtestasie vanaf Nasa se Kennedy-ruimtesentrum in Florida op 28 Oktober 2007.
Week 43 Stitching the Standard, olie op doek, skildery deur Edmund Leighton (1852–1922) in 1911.
Week 44 Brits-Indië, 'n mohur uit 1862 wat Victoria, keiserin van Indië, uitbeeld.
Week 45 Joodse kinders in tradisionele klere met hul onderwyser in Samarkand. Vroeë kleurfoto van Rusland, geskep deur Sergej Mikhailowitsj Prokoedin-Gorskij as deel van sy werk om die Russiese Ryk vanaf 1909 tot 1915 te dokumenteer.
Week 46 'n Savanne-olifant (Loxodonta africana), in die Nasionale Krugerwildtuin, Suid-Afrika, 25 Julie 2018.
Week 47 Die godin Durga en 'n pantheon van ander gode en godinne word tydens die Durga Puja-fees in Kolkata, Indië, aanbid.
Week 48 Die Vuurwiel-sterrestelsel, ook bekend as Messier 101 of NGC 5457; ’n voorbeeld van ’n spiraalsterrestelsel.
Week 49 Die vorming van 'n sferiese druppel water in die vloeistof fase minimaliseer die oppervlakarea, wat die natuurlike resultaat van oppervlaktespanning in vloeistowwe is.
Week 50 Die sondebok, skildery deur William Holman Hunt (1827–1910), 1854.
Week 51 Nasa-Satellietbeeld van die Lenarivierdelta. Saamgestelde valskleurbeeld bestaande uit kortgolfinfrarooi, infrarooi- en rooi-golflengtes.
Week 52 Savanne-olifante (Loxodonta africana), Elephant Sands, Botswana.