Wikipedia:Beeld van die week/2024
Hierdie is die argief van al die beelde wat tydens 2024 as spogbeelde op die voorblad gepryk het.
2024
wysigWeek 1 Oorlogsplakkaat vir die Verenigde Nasies, geskep in 1943 deur die Amerikaanse Kantoor van Oorlogsinformasie.
Week 2 'n Winteroggend in die Karpate- Nasionale Park, Iwano-Frankifsk-oblast, Oekraïne.
Week 3 'n Panoramiese uitsig van die Uluguru-bergreeks in Tanzanië.
Week 4 'n Volkswagen Beetle uit 1957 voor die Unesco-wêrelderfenisgebied Porta Nigra in Trier, Duitsland.
Week 5 'n Gorrelskurwepadda (Amietophrynus gutturalis) swem in die Sibayameer, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.
Week 6 'n Teetuin in die noordoostelike Indiese deelstaat Sikkim. Dié land is die tweede grootste teeprodusent in die wêreld.
Week 7 'n Jong vrou verf 'n trap wit, Portugal.
Week 8 Vincent van Gogh (1853–1890) se nagskildery Sterrenag oor die Rhône (1888), deesdae in die Paryse Musée d'Orsay.
Week 9 Kasakse joerte in Oesbekistan.
Week 10 Die Laat-Hellenistiese marmerbeeldhouwerk Laokoön en sy seuns, Vatikaanse Museum.
Week 11 Canary Wharf soos gesien vanaf Limehouse, Londen, snags.
Week 12 Detail van 'n loodglasvenster in Saint Patrick Church (Junction City, Ohio) wat Sint Patrick uitbeeld met 'n klawerblaar.
Week 13 Sononder in Fernando de Noronha, Pernambuco, Brasilië.
Week 14
'n Volwasse sprinkaan in die genus Romalea, hier afgeneem in Suidsentraal-Amerika.
Foto-erkenning: Ryan Wood.
Week 15 Die Rotskoepel op die Tempelberg in Jerusalem.
Week 16 Die neogotiese stadsaal in Kołobrzeg, Pole, ontwerp deur die argitek Karl Friedrich Schinkel (1781–1841), snags.
Week 17 'n Kleinringnekstrandkiewiet (Charadrius dubius) op soek na kos in Roermond, Nederland.
Week 18 Die weskant van die Taj Mahal in Agra, Indië, teen sononder.
Week 19 Die Noordkaap in Noorweë is die noordelikste punt op die Europese vasteland.
Week 20 'n Portret van die Amerikaanse aktrise Katharine Hepburn (1907–2003) in 1941.
Week 21 Die binneruimte van die Katedraal van Brasília, ontwerp deur Oscar Niemeyer.
Week 22 'n Panoramiese uitsig oor Bergen van berg Fløyen, Noorweë.
Week 23 Die kerk van St. Johannes in Ohrid, Noord-Masedonië.
Week 24 CargoNet 185 met die 44819 Narvik–Oslo kruis die Vindelälven tussen Vindeln en Tvärålund, Swede.
Week 25 Die suidelike rand en 'n deel van die noordelike rand, soos gesien vanaf Mather Point by die Grand Canyon teen sononder.
Week 26 Die Vasco da Gama-brug in die Portugese hoofstad Lissabon.
Week 27 Branderplankryers ry op 'n seegolf naby Paea op die eiland Tahiti (Frans-Polinesië).
Week 28 'n Jong luiperd (Panthera pardus) rus op 'n boom in die Serengeti- Nasionale Park, Tanzanië.
Week 29 Kota Kinabalu, Sabah, Maleisië: die stadmoskee in Likas (weskant) gedurende die blou uur.
Week 30 Die Darlinghawe, Sydney, Nieu-Suid-Wallis, Australië, snags.
Week 31 Pont Royal en die Musée d'Orsay in die Franse hoofstad Parys.
Week 32 Die Brasiliaanse gimnas Daniele Hypólito op die Olimpiese Somerspele 2016 in Rio de Janeiro.
Week 33 Die Eiffeltoring en die Pont Alexandre III in Parys, Frankryk, snags.
Week 34 Die wilde leeu (Panthera leo) Snyggve, seun van C-Boy, tuur na die horison in die Serengeti Nasionale Park, Tanzanië.
Week 35 Die Pidhora-klooster in die Terebowlia-rajion, Ternopil-oblast, Oekraïne.
Week 36 Die Neuschwanstein-kasteel in Duitsland (2013). Sy historiserende argitektuur het uit die romantiese ideale van sy ontstaanstyd voortgespruit.
Week 37 Nagaansig van die Kapellbrug in Luzern, Switserland.
Week 38 Basreliëf van Achaemenidiese krygers op die suidelike trappe van die paleis van Darius die Grote in Persepolis, nou Iran.
Week 39 'n Boompadda (Osteopilus septentrionalis) op die Kaaimanseilande.
Week 40 'n Realistiese uitbeelding van die aarde, geneem uit die saamgestelde 2016-wêreldkaart wat nagligte van Asië en die Midde-Ooste wys.
Week 41 'n Groot wolk oor 'n Meksikaanse landskap.
Week 42 'n Panorama van die Heilige Drie-eenheidskerk in Zinkif, Chmelnitski-oblast, Oekraïne.
Week 43 'n Edelhert (Cervus elaphus) in Switserland.
Week 44 Katy Perry sing tydens die Demokratiese Nasionale Konvensie in Philadelphia op 28 Julie 2016.
Week 45 'n Man in 'n boot by Ratargul-moeraswoud, Bangladesj.
Week 46 'n Groot golf breek in Santa Cruz, Kalifornië, Verenigde State.
Week 47 Die Televisietoring van Berlyn van onder af gesien. Die toring, wat naby Alexanderplein in die sentrum van die Duitse hoofstad geleë is, is van 1965 tot 1969 deur die regering van die destydse Duitse Demokratiese Republiek (Oos-Duitsland) opgerig. Dit was bedoel om beide 'n simbool van Kommunistiese mag en van die stad te wees en is tot vandag toe een van sy landmerke.
Week 48 'n Drietoonstrandloper (Calidris alba) op 'n strand in Nederland.
Week 49 'n Hawelose persoon op die Avenida Paulista in São Paulo, Brasilië.
Week 50 Kersliggies langs die Champs-Élysées-laan in Parys (Frankryk) in 2020.
Week 51 'n Nasa-satellietbeeld van die berg Etna, 'n aktiewe vulkaan in Italië, geneem tydens sy uitbarsting in Desember 2018.