Portaal:Suid-Afrika


Welkom by die
Suid-Afrika
Portaal

Eenheid in Diversiteit
Flag of South Africa
Flag of South Africa
Coat of Arms for South Africa
Coat of Arms for South Africa
Map of the South Africa within Africa.

Suid-Afrika is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit grens in die noorde aan Namibië, Botswana en Zimbabwe, en in die noordooste aan Mosambiek en eSwatini. Lesotho vorm 'n enklawe binne die grense van Suid-Afrika.

Suid-Afrika is een van die mees etnies diverse lande in Afrika. Die land het meer Europese immigrante ontvang as enige ander land in Afrika en het die hoogste bevolking van Europese, Indiese en gemengde afkoms. Rasse- en etniese stryd was nog altyd 'n groot deel van die geskiedenis en politiek van die land. 'n Ander belangrike faktor in die ontwikkeling van die land is die ryk mineraalbronne waaroor die land beskik. Die land se ekonomie is een van die grootste en mees ontwikkelde in die kontinent met moderne infrastruktuur in die hele land.

bewerk 

Gekose panorama

'n panorama van die Johannesburg CBD in die oggend die M1 highway.
'n panorama van die Johannesburg CBD in die oggend die M1 highway.
,
Credit: Dylan Harbour
<div style="text-align:center;Johannesburg CBD in die oggend
...Argief/Nominasies
bewerk 

Gekose artikel

Die Springbokke nadat hulle in 2007 as die wêreldkampioen gekroon is
Die Springbokke, Bokke of amaBokoboko is Suid-Afrika se nasionale rugbyspan. Rugby is een van Suid-Afrika se nasionale sporte en die Springbokke is 'n gedugte krag in internasionale rugby met 'n wenrekord teen byna alle ander lande, behalwe vir die Nieu-Seelandse All Blacks.

Die Springbokke speel jaarliks teen die All Blacks van Nieu-Seeland, die Wallabies van Australië en Argentinië in die Rugbykampioenskap, voorheen die Drienasiesreeks, waartydens hulle ook om die Mandela Uitdaagplaat teen Australië en die Vryheidsbeker teen Nieu-Seeland meeding. Die Springbokke het die voormalige Drienasiesreeks reeds drie keer in die toernooi se 14 jaar bestaan gewen (in 1998, 2004 en 2009), en later die uitgebreide Rugbykampioenskapreeks (in 2019). Hulle is tans eerste op die rugbywêreldranglys en is in 2004 en 2009 as die Internasionale Rugbyraad se "Span van die Jaar" aangewys. Twaalf voormalige Springbokke is in die International Rugby Hall of Fame opgeneem.

Die Springbokke neem al om die vier jaar aan die Rugbywêreldbeker deel. Alhoewel die Springbokke nie aan die eerste twee Wêreldbekertoernooie kon deelneem nie as gevolg van die sportboikot teen Suid-Afrika, het die land in 1995 as gasheer vir die toernooi opgetree en in hulle debuutverskyning die beker gewen. Die Springbokke het die All Blacks in die eindstryd met 15-12 geklop, 'n gebeurtenis wat tot vandag as een van die grootste prestasies in Suid-Afrika se sportgeskiedenis gesien word. Suid-Afrika kon twaalf jaar later die Webb Ellis-beker tydens die Rugbywêreldbeker 2007 in Frankryk en weereens twaalf jaar later tydens die Rugbywêreldbeker 2019 in Japan inpalm. Die Springbokke het sodoende Nieu-Seeland se vorige rekord van drie titels egaliseer, maar met twee wêreldbekerverskynings minder.

Die Springbokke speel in groen-en-goud truie en speel reeds sedert 1891 internasionale rugby toe 'n span van die Britse Eilande 'n toer na Suid-Afrika onderneem het waartydens die Springbokke hulle eerste toets op 30 Julie gespeel het. Die Springbokke word as een van die toprugbyspanne ter wêreld beskou. Sedert 2018 is die seniorspan se afrigter Rassie Erasmus en die kaptein Siya Kolisi.

bewerk 

Gekose beeld

Afrikaanse Taalmonument
Afrikaanse Taalmonument
Credit: Dewet

Die Afrikaanse Taalmonument is 'n monument wat aan die Afrikaanse taal gewy is. Hierdie monument staan ook bekend as die Tweede Taalmonument. Die Eerste Taalmonument is opgerig te Burgersdorp in 1893.

...Argief/Nominasies
bewerk 

Gekose biografie

Nelson Mandela
Nelson Rolihlahla Mandela (gebore 18 Julie 1918) was die eerste staatshoof (1994-1999) van 'n volledig demokratiese Suid-Afrika. Hy is in 1999 as staatshoof deur Thabo Mbeki opgevolg. Mandela word gereken as 'n ikoon in Suid-Afrikaanse geskiedenis. Versoenend teenoor sy politieke vervolgers, nadat hy 27 jaar gevange gehou is te Robbeneiland, tree hy op as patriarg om wêreldwyd respek te ontlok vir sy leierskap. Sy aansien styg ook onder die wit Afrikaanse bevolking in Suid-Afrika, tradisioneel Nasionale Party-ondersteuners, wat hom in die apartheidsjare as "vyand" tipeer het. Saam met F.W. de Klerk ontvang Mandela die Nobelprys vir vrede gedurende 1993. Hy oorhandig die William Webb Ellis trofee aan Francois Pienaar nadat die Springbokke die 1995 Rugby Wêreldbeker gewen het.
bewerk 

Museums en momumente

bewerk 

Kategorieë

Amptelike simbole van Suid-Afrika
Blom: Boom: Voël: Dier: Vis:
die koningsprotea die geelhout die bloukraanvoël die springbok die galjoen
Protea cynaroides Podocarpus latifolius Grus paradisius Damaliscus pygarus Distichius capensis