Wikipedia:Beeld van die week/2014
Hierdie is die argief van al die beelde wat tydens 2014 as spogbeelde op die voorblad gepryk het.
2014
wysigWeek 1 'n Nagtelike uitsig oor La Défense in die Franse hoofstad Parys, April 2012.
Week 2 NASA-Satellietbeeld van Noord-Amerika met Meksiko in die sentrum en die Verenigde State in die noorde, soos opgeneem deur die Suomi NPP-satelliet op 4 Januarie 2012.
Week 3 ’n Nagtelike uitsig oor Ho Chi Minh-stad, Viëtnam, soos gesien vanaf die Bitexco Financial Tower.
Week 4 Publisiteitsfoto vir Charlie Chaplin se rolprent The Kid van 1921 met Charlie Chaplin en Jackie Coogan.
Week 5 'n Rooi-oog boompadda (Litoria chloris) in Oos-Australië.
Week 6 Sonstrale in die Grand Canyon soos gesien vanaf Hopi Point in 2013.
Week 7 'n Nagtelike uitsig oor die stadshorison van die Kanadese stad Toronto, Ontario.
Week 8 'n Blougaai (Cyanocitta cristata) in die Algonquin Provincial Park in Kanada.
Week 9 Die Naald-sterrestelsel of NGC 4565 is 'n spiraalsterrestelsel sowat 30-50 miljoen ligjare van die Aarde af in die konstellasie van Coma Berenices.
Week 10 Wapen van die Brits-Antarktiese Gebied.
Week 11 Die tipiese uitbarsting van 'n Hawaise skildvulkaan: 1 aswolk, 2 lawafontein, 3 krater, 4 lawameer, 5 fumarole, 6 lawastroom, 7 lae van lawa en as, 8 stratae, 9 sill (drumpel), 10 magmapyp, 11 magma-kamer en 12 dyk.
Week 12 Die Eiffel-toring in Parys tydens die konstruksie, soos afgeneem deur Louis-Emile Durandelle (1839–1917) op 23 November 1888.
Week 13 S75-22410 - Hierdie vyf manne verteenwoordig die twee bemannings van die gemeenskaplike Amerikaans-Sowjetse Apollo-Sojoes testprojek (ASTP) dokmissie in die Aarde se wentelbaan wat geskeduleer was vir Julie 1975.
Week 14 ’n Uitsig oor die Inka-stad Machu Picchu naby Cusco, Peru, in die aandskemer.
Week 15
Die wolframdraad brand met ’n vlam in die gloeilamp.
(Commons se beeld van die jaar 2013.)
Week 16 Maria I van Engeland, portret deur Anthonis Mor, 1554.
Week 17 'n Drie maand oue Westelike Spaanse steenbok (Capra pyrenaica victoriae) in Sierra de Gredos, Spanje, in 2013.
Week 18 Die Mount Rushmore Monument in die VS-deelstaat Suid-Dakota wat die VS-presidente George Washington, Thomas Jefferson, Theodore Roosevelt en Abraham Lincoln uitbeeld en in 1941 voltooi is.
Week 19 Die kerk van Auvers (1890) - skildery van Vincent van Gogh (1853–1890).
Week 20 Wapen van die Venezolaanse deelstaat Nueva Esparta.
Week 21 Sonsopkoms in die Ai-Petri Yaila-natuurreservaat op die Krim-skiereiland.
Week 22 Burchell se sebra (Equus quagga burchellii) in die Nasionale Etoshawildtuin, Namibië.
Week 23 Die reddingsboot is geneem deur die duine (1883), skildery deur Michael Ancher (1849–1927).
Week 24 ’n Duitse polisieman in Hamburg.
Week 25 Die Magna Carta was die wêreld se eerste dokument wat 'n vors (heerser) se verbintenisse tot sy mense om sekere wetlike regte te respekteer.
Week 26 ’n Gemsbok (Oryx gazella) in die Nasionale Etoshawildtuin, Namibië.
Week 27 ’n Uitsig oor Manhattan, New York Stad, omstreeks 1931.
Week 28 America noviter delineata, ’n 17de eeuse kaart van Jodocus Hondius wat die Amerikas vertoon.
Week 29 ’n Sokkerstrafskop deur Ryan Valentine.
Week 30 Die groot wapen van die voormalige Pruisiese provinsie Posen en die vroeëre Groothertogdom Posen.
Week 31 Die Amerikaanse generaal Douglas MacArthur stap aan wal by die Filippynse eiland Leyte op 20 Oktober 1944, die eerste dag van die Slag van Leyte.
Week 32 Engelstalige diagram van die interne struktuur van Ganimedes, die grootste natuurlike satelliet van die planeet Jupiter.
Week 33 ’n Nagtelike uitsig oor die Dom in die Duitse stad Keulen.
Week 34 Twee Malkopbye (Osmia rufa) paar.
Week 35 Die Dood van Sokrates, olieverfskildery van die Franse skilder Jacques-Louis David in 1787.
Week 36 ’n Yslandperd in die winterlandskap naby Krýsuvík.
Week 37 Ottomaanse krygsgevangenes van die Eerste Wêreldoorlog in Jerusalem, Ottomaanse Palestina (1917).
Week 38 Ottomaanse krygsgevangenes van die Eerste Wêreldoorlog in Jerusalem, Ottomaanse Palestina (1917).
Week 39 Die keiser Napoleon tydens sy studie in die Tuileries-paleis - portret deur Jacques-Louis David in 1812.
Week 40 Wapen van die Poolse graaf Borch III.
Week 41 ’n Saamgestelde NASA-satellietbeeld van die Antarktiese yskap.
Week 42 Die Musée d'Orsay en die Pont Royal in Parys, soos gesien vanaf Passerelle Léopold Sédar Senghor in die noordweste daarvan in 2014.
Week 43 Die Aleksander Nefski-katedraal in die Bulgaarse hoofstad Sofia. Die gebou dien as hoofkerk vir die patriarg van Bulgarye en is een van die grootste Oosters-Ortodokse katedrale ter wêreld. Die eerste steen van die katedraal is in 1892 gelê.
Week 44 Portret van Benjamin Franklin in sy studeerkamer (1767) deur die Britse skilder David Martin. Die borsbeeld van Isaac Newton in die agtergrond sal sy wetenskaplike agtergrond beklemtoon.
Week 45 Mev. Ples se kopbeen in die Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum, Pretoria, wat op 18 April 1947 deur Robert Broom en John T. Robinson ontdek is. Dit is die volledigste kopbeen van ’n Australopithecus africanus wat nog in Suid-Afrika ontdek is.
Week 46 Die hoofportaal van die katedraal in Basel, Switserland.
Week 47 ’n Nagtelike uitsig oor die Brooklyn-brug in New York Stad.
Week 48 Franse studente maak hulself gereed om die barrikades te beman tydens die verdediging van Parys in die Frans-Duitse Oorlog (Illustrated London News).
Week 49 Die Heuwel van Kruise (Litaus: Kryžių kalnas) naby Šiauliai in Litaue.
Week 50 Wapen van die Pools-Litause Woiwodskap Łęczyca (1339 of 1352–1793).
Week 51 Foto van die komeet 67P/Churyumov-Gerasimenko, soos op 19 September 2014 deur ESA se Rosetta-ruimtetuig afgeneem.
Week 52 Proklamasie van die Brasiliaanse Republiek (olie op doek, 1883), skildery deur Benedito Calixto (1853–1927) in 1893.